factograf
AF
Sign in

Kruisement

Kruisement

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamMentha
takson ranggenus
Bloeiwyse van Mentha pulegium
Bloeiwyse van Mentha pulegium
Mentha longifolia
Mentha longifolia
2 images

Kruisement, uit die Griekse míntha, is 'n genus van plante in die familie Lamiaceae (kruisement-familie). Die verskillende spesies is nie duidelik onderskeibaar nie, en skattings van hulle aantal wissel van 13 tot 18. Verbastering tussen sommige van die spesies kom natuurlik voor.

Die genus is wydversprei oor die hele Europa, Afrika, Asië, Australië en Noord-Amerika.

Kruisement is aromatiese, byna uitsluitlik meerjarige, selde jaarlikse, kruie. Hulle het 'n wye verspreiding van ondergrondse en bogrondse stolons en regop, vierkantige, vertakte stamme. Die blare word gedra in teenoorgestelde pare van langwerpig tot lansetvormig. Blare is dikwels donserig met 'n getande rand. Blaarkleure wissel van donkergroen en grysgroen tot pers, blou en soms liggeel. Die blomme is wit tot pers en vorm vals kranse. Die bloemwyse is dubbel gelip met vier lobbe, die boonste lob is gewoonlik die grootste. Die vrug is 'n neutjie, met een tot vier sade.

Eksterne skakels

Read next

In 114 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article