factograf
AF

Amerikaanse akteur

Kirk Douglas

Kirk Douglas

Key facts

geboortedatum09 Desember 1916
sterfdatum05 Februarie 2020
alma materAmerican Academy of Dramatic Arts
beroeprolprentvervaardiger, televisie-akteur, rolprentakteur
sterfplekBeverly Hills
eggenootDiana Douglas
All data from the card 4
Geboortenaam
Issur Danielovitch
Geboorte
9 Desember 1916
Sterfte
5 Februarie 2020 (op 103)
Aktiewe jare
1942–2008

Kirk Douglas (gebore as Issur Danielovitch; 9 Desember 1916 - 5 Februarie 2020) was ’n Amerikaanse akteur, vervaardiger, regisseur en skrywer. Ná arm kinderjare as een van sewe kinders van Poolse immigrante, het hy sy rolprentdebuut in 1946 in The Strange Love of Martha Ivers (saam met Barbara Stanwyck) gemaak as ’n jong, onsekere en jaloerse man wat deur ’n ouer vrou oorheers word. Dit was die eerste en laaste keer dat hy die rol van ’n swakkeling gespeel het.

Hy was twee keer getroud, eers met Diana Dill in 1943, hulle skei in 1951 en met Anne Buydens in 1954 wat hom oorleef het.

In die 1950's en 1960's het hy ’n groot aantrekking by die loket geword. Hy is bekend vir sy ernstige dramas, onder meer Wilde Weste- en oorlogsprente.

Loopbaan

Saam met Eve Miller in The Big Trees (1952).
Saam met Eve Miller in The Big Trees (1952).

In 1949, ná ’n hoofrol as ’n boksheld in Champion, waarvoor hy vir ’n Oscar benoem is, het Douglas ’n ster geword. Sy toneelspelstyl het berus op die uitdrukking van groot konsentrasie, realisme en kragtige emosies. Van sy eerste rolprente was Young Man with a Horn, saam met Lauren Bacall (1950), die omstrede Ace in the Hole (1951) en Detective Story (1951). Hy het sy tweede Oscar-benoeming gekry vir sy dramatiese rol in The Bad and the Beautiful (1952), saam met Lana Turner. Sy kragtige vertolking van Vincent van Gogh in Lust for Life (1956) word as een van beste vertonings beskou.

In 1955 het hy Bryna Productions gestig wat rolprente so uiteenlopend soos Paths of Glory (1957) en Spartacus (1960) vervaardig het. Hy het in albei prente gespeel en saam met die destyds onbekende regisseur Stanley Kubrick gewerk. Hy het Lonely Are the Brave (1962), wat as ’n kultusfliek beskou word, vervaardig en daarin gespeel. Dit was sy eie gunstelingrol.

In Seven Days in May (1964) het hy saam met Burt Lancaster gespeel saam met wie hy sewe prente gemaak het. In 1963 het hy in die Broadway-toneelstuk One Flew Over the Cuckoo's Nest gespeel. Hy het die storie gekoop en later vir sy seun, Michael Douglas, gegee – dié het die bekroonde prent met Jack Nicholson daarin gemaak.

Douglas het drie Oscar-benoemings gekry en op die 68ste Oscar-toekenningsaand in 1996 die Oscar vir lewenslange bedrae tot die rolprentbedryf gewen. Hy het ook 10 romans en memoires geskryf. Hy is tans no. 17 op die Amerikaanse Rolprentinstituut se lys van die grootste manlike rolprentlegendes van klassieke Hollywoodse rolprente, en eerste van die lewende akteurs op die lys. Nadat hy in 1991 net-net ’n helikopterongeluk oorleef en in 1996 ’n beroerte gehad het, fokus hy daarop om sy spirituele en godsdienslewe te verbeter.

Bronne

  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Eksterne skakels

Read next

In 86 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article