Die Kameroense nasionale sokkerspan verteenwoordig Kameroen in internasionale sokkerwedstryde. Die span word beheer deur die Kameroense Sokkerfederasie FECAFOOT (Fédération Camerounaise de Football) en is een van die mees suksesvolle nasionale sokkerspanne in Afrika.
Kameroen het vir die eerste keer aan die FIFA Wêreldbeker deelgeneem in 1982 en het sedertdien verskeie kere gekwalifiseer. Die span se grootste prestasie op internasionale vlak was in 1990, toe hulle die kwarteindronde van die Wêreldbeker in Italië bereik het – die eerste Afrikaspan om so ver te vorder. Roger Milla het 'n ikoon van Afrika-sokker geword met sy vier doele in die toernooi.
Kameroen het ook die Afrikanasiesbeker reeds verskeie kere gewen, insluitend oorwinnings in 1984, 1988, 2000, 2002 en 2017. Die span het ook 'n goue medalje gewen by die Olimpiese Spele in 2000.
Naas Roger Milla is Samuel Eto'o Kameroen se bekendste sokkerspeler ooit met 118 verskynings en 56 doele vir die nasionale span.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kameroense nasionale sokkerspan.
.jpg?width=1280)