factograf
AF
Sign in

onderwyskundige

Jonathan Jansen

Jonathan Jansen

Key facts

geboortedatum29 September 1956
beroepakademikus
geboorteplekMontagu
werkgewerUniversiteit Stellenbosch
All data from the card 6
Gebore
Jonathan David Jansen29 September 1956Montagu, Wes-Kaap
Nasionaliteit
Suid-Afrika
Alma mater
UWK, Unisa, Stanford
Beroep
Akademikus
Bekend vir
Oudrektor van UV
Titel
Professor

Jonathan Jansen is die voormalige rektor van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is vroeg in 2009 as die eerste gekleurde rektor en visekanselier van die universiteit aangestel.

Jonathan David Jansen is op 29 September 1956 in Montagu in die Boland gebore, maar het op die Kaapse Vlakte grootgeword. Hy was op laerskool by Sullivan Primary School, en gaan daarna na Steenberg Hoërskool. Hy beskryf homself as 'n gemiddelde leerling op hoërskool – meer geïnteresseerd in sokker, swem by Muizenberg en fietsry met sy maats. Sy Latynonderwyser, Paul Gallant, het hom egter gemotiveer om in sy studies uit te blink, en ook om verder te gaan studeer.

Jansen voltooi sy B.Sc. (Plantkunde en Dierkunde) in 1979 aan die Universiteit van die Wes-Kaap. In 1982 ontvang hy 'n onderwysdiploma en in 1984 'n B.Ed. (Vergelykende Opvoedkunde) van die Universiteit van Suid-Afrika. Hy verwerf in 1987 'n M.Sc. aan die Cornell-universiteit en in 1991 'n Ph.D. (Politieke wetenskap) aan die Stanford-universiteit.

Jonathan Jansen is buitengewone professor in onderwys aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is tans die President van die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika en die Knight-Hennessey-genoot by die Stanford-universiteit.

Hy het ook fase een van die Toekomstige Professore-program opgerig, die doel is om jong swart en vroulike skoliere vir die professoraat voor te berei.

Read next

In 2 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article