factograf
AF
Sign in

Guildford

Guildford

Key facts

bevolking77 057
is 'ngraafskap dorp
landVerenigde Koninkryk
amptelike taalEngels
All data from the card 9
Land
Verenigde Koninkryk
Land (VK)
Engeland
Graafskap
Surrey
• Totaal
66 773
Tydsone
UTC+00:00 (MGT)
• Somertyd
UTC+01:00 (BST)
Poskode
GU1-4
Skakelkodes
01483
Webwerf
guildford.gov.uk
Die Guildford-kasteel
Die Guildford-kasteel

Guildford is die graafskaphoofstad (Engels: county town) van Surrey wat in die suide van Engeland geleë is. Volgens die 2001-sensus het die stad 'n bevolking van 66 773 gehad.

Guildford lê in 'n vallei van die Weyrivier waar die rivier deur 'n kloof in die North Downs vloei. Die stad is ongeveer 45 km van Londen af en deesdae is die suidwestelike hoek van die statistiese streek vir Greater London. Sedert die middeleeue het die hoofpad tussen Londen en Portsmouth deur hierdie kloof gegaan met die gevolg dat die stad een van Londen se verdedigingposte was en 'n kasteel is ook hier gebou. Gedurende die Victoriaanse tydperk, met die bou van die Londen–Portsmouth en die Reading–Ashford, Kent-spoorweë deur die kloof het Guildford 'n groot spoorwegaansluiting geword.

Guildford was een van die Engelse gasheerstede tydens beide die Vrouekrieketwêreldbeker 1993 en die Vrouerugbywêreldbeker 2010.

Eksterne skakels

Read next

In 57 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article