Die Geelstert (Seriola lalandi) is 'n vis wat voorkom aan die hele Suider-Afrikaanse kus vanaf Port Nolloth tot by die noorde van KwaZulu-Natal. Die vis kom ook voor by die St. Helena- en Tristan da Cunha-eilande. Die Latynse naam is ter ere van die Franse natuurkundige, Delalande, wat die Kaap in 1820 besoek het. Die vis moet nie verwar word met die geelbek nie.
Voorkoms

Habitat en gewoontes
Die vis bly in skole saam en kom voor aflandig tot op dieptes van 110m. Hulle vreet vis, tjokka en skaaldiere. Die geelstert is 'n gewilde eetvis en sportvis. Die vis leef vanaf Oktober dwarsdeur die Kaapse somer tot in Maart aan die suidkus en migreer dan agter die sardientjieloop aan.
Galery








8 images
Sien ook
Bronne
- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006. ISBN 978-1-77007-345-6
- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7
