factograf
AF
Sign in

Carangidae

Carangidae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamCarangidae
takson rangfamilie

Die koningvisse, geelsterte, pompano's, koninginvisse, leervisse en reënboogpylvisse (Carangidae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee-en-dertig genera met 143 spesies wat hoort tot dié familie en 54 van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die familie se lywe neig om lank te wees, bedek met klein skubbetjies en party spesies het duidelike sylyne. Die koningvisse het 'n ry verdikte skubbe op die agterste gedeelte van die sylyn. Die stertvin is diep gevurk. Die onvolwasse vissies lyk glad nie soos die volwasse visse nie.

Die meeste spesies is jagters en gewilde sportvisse.

Genera

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Alectis
  • Alepes
  • Carangoides
  • Caranx
  • Elagatis
  • Gnathanodon
  • Lichia
  • Naucrates
  • Pseudocaranx
  • Scomberoides
  • Seriolina
  • Trachinotus
  • Trachurus

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Read next

In 45 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article