factograf
AF

chemiese verbinding

Gebluste kalk

Gebluste kalk
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Eienskappe

Algemeen

Naam Gebluste kalk 
IUSTC-naam kalsiumdihidroksied 
Ander name portlandiet
Chemiese formule Ca(OH)2
Molêre massa 74,09268 [g/mol]
CAS-nommer 1305-62-0  
Voorkoms Wit poeier
Fasegedrag  
Selkonstantes a=358,9; c=491,1 pm  
Ruimtegroep P3 m 1; P3 2/m 1 (trigonaal)  
Nommer 164
Smeltpunt ontbind 580 °C
Kookpunt -
Digtheid 2,24 - 2,7 [g/cm3]
Oplosbaarheid water 1,85 [g/L] (@0 °C), 0,71 [g/L] (@100 °C) 
Ksp 5,5 10-6 
Dampdruk 0,01Atm @366 °C 1Atm @547 °C 
Brekingsindeks dubbelbrekend 1,574; 1.545 
Hardheid 2-3 Mohs 
Warmtekapasiteit 1,12 [J/K.g] (@0 °C) 1,53 [J/K.g] (@400 °C)

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt onbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Gebluste kalk, bluskalk of kalsiumhidroksied is 'n vastestof met fomule Ca(OH)2 en basiese eienskappe.

Dit word gevorm uit ongebluste kalk en water met vrystelling van baie hitte:

{\displaystyle CaO+H_{2}O\to Ca(OH)_{2}}

Toepassings

Dit het baie toepassings in die bou-industrie.

Dit word ook toegepas in die landbou om suur in die grond te neutraliseer en toksiese vlakke aan aluminiumione neer te slaan as onskadelike alumiumhidroksied. Dit word ook as misstof gesien omrede dit kalsium en ook magnesium aan die plante lewer. Meestal is in die kommersiële produkte wat uit dolomiet vervaardig word ook magnesiumhidroksied aanwesig.

Eienskappe

Dit is 'n bietjie oplosbaar in water (1,85 [g/L] (@0 °C) en hierdie oplossing het 'n pH van 12,4 wat dit 'n bytende stof maak. Die vastestof reageer heftig met sure en kan CO2 opneem uit die lug:

{\displaystyle Ca(OH)_{2}+CO_{2}\to CaCO_{3}+H_{2}O}

Dit reageer ook met chloorgas en gee bleikpoeier:

{\displaystyle 2Ca(OH)_{2}+Cl_{2}\to Ca(OCl)_{2}+CaCl_{2}+2H_{2}O}

Met natriumkarbonaat-oplossings (soos wassoda) slaan dit deur dubbele omwisseling die baie min oplosbare kalsiumkarbonaat neer en gee bytsoda (natronloog)

{\displaystyle Ca(OH)_{2}+2Na^{+}+CO_{3}^{2-}\to CaCO_{3}+2Na^{+}+2OH^{-}}

Dit reageer nie met yster of staal nie, maar aluminium, lood en geelkoper word aangetas.

Read next

In 71 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article