factograf
AF
Sign in

Gan

Gan
Die woord Gàn Huà/Gàn yǔ ("Gan-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters
Die woord Gàn Huà/Gàn yǔ ("Gan-taal") geskryf in Tradisionele Chinese (links) en Vereenvoudigde Chinese (regs) karakters

Gan of Kan (Vereenvoudigde Chinees: 赣语, Tradisionele Chinees: 贛語, pinyin: Gàn Huà of gàn yǔ, letterlik: "Gan-taal"; Gon ua) is 'n Sino-Tibettaanse taal of 'n dialek van Chinees wat in die Volksrepubliek China gepraat word. Die taal het sowat 22 miljoen sprekers en is daarmee die sewende mees verspreide dialek van Chinees naas Mandaryns, Wu, Kantonees, Min, Xiang en Hakka. Dit is die naaste verwant aan Hakka en word veral in die Suidoos-Chinese provinsies Jiangxi, Hunan, Fujian, Anhui en Hubei gepraat. Die naam van dié taal is afglei van die Gan-rivier in Jiangxi, 'n sytak van die Yangtze.

Soos die ander Chinese tale word Gan met Chinese karakters geskryf.

Eksterne skakels


Read next

In 59 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article