factograf
AF
Sign in

metamorfe gesteentes

Filliet

Filliet

Filliet (van die Griekse woord φύλλον phullon, "blad") is ’n metamorfe gesteente van gemiddelde graad (tussen leisteen en skis) wat skalie as oorsprongsgesteente gehad het.

Eienskappe

Filliet is ’n gesteente wat veral uit kwarts, serisiet en chloriet (mikas) bestaan. Grafietkristalle kan ook in filliet voorkom. Vanweë die aanwesigheid van mikas het die gesteente ’n syagtige glans. Die bladerige struktuur word veroorsaak deur die mikas wat as fillosilikate die gesteente splits.

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

Read next

In 39 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article