factograf
AF
Sign in

Ehud Barak

Ehud Barak
All data from the card 31
Voorafgegaan deur
Amir Peretz
Opgevolg deur
/
Voorafgegaan deur
Ran Cohen
Opgevolg deur
Dalia Itzik
Voorafgegaan deur
Yossi Sarid
Opgevolg deur
Limor Livnat
Voorafgegaan deur
Haim Oron
Opgevolg deur
Shalom Simhon
Voorafgegaan deur
Benjamin Netanyahu
Opgevolg deur
Ariel Sharon
Voorafgegaan deur
Yuli-Yoel Edelstein
Opgevolg deur
Yuli Tamir
Voorafgegaan deur
Moshe Katsav
Opgevolg deur
Amnon Lipkin-Shahak
Voorafgegaan deur
Amir Peretz
Opgevolg deur
Moshe Ya'alon
Voorafgegaan deur
Moshe Arens
Opgevolg deur
Binyamin Ben-Eliezer
Voorafgegaan deur
Silvan Shalom
Opgevolg deur
Matan Vilnai
Gebore
Ehud Brog12 Februarie 1942 Mishmar HaSharon, Britse mandaat van Palestina (tans Israel)
Politieke party
HaAvoda (Arbeidsparty, tot 2011), Ha'Atzma'ut (Onafhanklikheid, 2011-2012), onafhanklik (2012-2019), Yisrael Demokratit (Israel Demokratiese Party, 2019-nou),boonop: Yisrael Ahat (Een Israel, 1999-2001)
Eggenoot/-note
Nava Cohen (1968-2003, geskei), Nili Priel (2007-nou)
Kind(ers)
3
Alma mater
Hebreeuse Universiteit van Jerusalem, Stanford-universiteit
Lojaliteit
Israel
Diens/Tak
Tzahal (Israelse Weermag)
Jare in diens
1959-1995
Rang
luitenant-generaal (Rav aluf)
Eenheid
Sayeret Matkal, Aman (Militêre Intelligensiediens), Sentrale Kommando, opperbevelhebber
Oorloë/Veldslae
Sesdaagse Oorlog, Jom Kippoer-oorlog, Operasie Entebbe

Ehud Barak (gebore 12 Februarie 1942) is 'n Israelse linkse politikus en 'n voormalige generaal. Hy was die Tzahal (die Israelse Weermag) se opperbevelhebber as ook die eerste minister gewees.

Barak is gebore en het grootgeword in 'n kibboets naby die kusstad Netanya. Na sy verpligte militêre diens het hy 'n beroepsoldaat geword. Hy was 'n bevelvoerder van die elite spesiale-mageenheid Sayeret Matkal en is by allerlei operasies betrek, soos Operasie Entebbe in 1976. Uiteindelik is hy tot generaal bevorder en was van 1991 tot 1995 die Weermag se opperbevelhebber (Rav aluf). Saam met twee ander is hy die mees gedekoreerde soldaat in die Israelse geskiedenis.

In 1995 het hy na die politiek oorstap. As 'n lid van die HaAvoda-party (Arbeidsparty) het hy die minister van Binnelandse Sake in die Rabin II-kabinet, en 'n jaar later ook 'n lid van die Knesset geword. Vanaf 1999 tot 2001 was hy die tiende eerste minister, en leier van die Barak-kabinet. In Mei 2000 het hy die Israelse Weermag uit die suidelike Libanon laat terugtrek. In Julie 2000 het die Amerikaanse president Bill Clinton in Camp David in die Verenigde State probeer om vrede te bewerkstellig tussen Israel (verteenwoordig deur premier Barak) en die Palestyne (verteenwoordig deur president Jasser Arafat). Hierdie poging het vernaamlik uitgeloop op die verdeling van Jerusalem en die vraagstuk van die Palestynse vlugtelinge. In September 2000 het hy te make gekry met die Palestynse Tweede Intifada, wat uitgebreek het nadat Ariel Sharon die Tempelberg besoek het.

Na sy premierskap het Barak homself uit die politiek onttrek om in 2007 opnuut terug te keer. Van daardie jaar tot 2013 was hy die minister van Verdediging in die kabinette Olmert en Netanyahu II en opnuut van 2009 tot 2013 'n Knesset-lid.

Na hy die politiek in 2013 weereens verlaat het, het hy in 2019 die politieke party Israel Demokratiese Party gestig, wat in die verkiesing van September 2019 een setel gewen het, maar wat nie deur hom ingeneem is nie.

Ehud Barak is vir die tweede keer getroud en het drie kinders. Hy is 'n klassieke amateur-pianis, en het natuur- en wiskunde aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem en toegepaste ekonomie aan die Stanford-universiteit studeer.

Galery

Ehud Barak (bo, tweede van links) met sy ouers en broers (1964).
Ehud Barak (bo, tweede van links) met sy ouers en broers (1964).
Ehud Barak as die Israelse Weermag se opperbevelhebber (1993).
Ehud Barak as die Israelse Weermag se opperbevelhebber (1993).
Die Palestynse president Jasser Arafat en premier Ehud Barak skud hande, met die Amerikaanse president Bill Clinton in die agtergrond (1999).
Die Palestynse president Jasser Arafat en premier Ehud Barak skud hande, met die Amerikaanse president Bill Clinton in die agtergrond (1999).
Die Russiese president Wladimir Poetin skud die hand van premier Ehud Barak (2000).
Die Russiese president Wladimir Poetin skud die hand van premier Ehud Barak (2000).
Ehud Barak eet 'n pita-broodjie met hummus (2000).
Ehud Barak eet 'n pita-broodjie met hummus (2000).
Ehud Barak as die minister van Verdediging woon 'n plegtigheid op Jom haZikaron by (2008).[1]
Ehud Barak as die minister van Verdediging woon 'n plegtigheid op Jom haZikaron by (2008).
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Hillary Clinton en minister van Verdediging Ehud Barak, met Jerusalem in die agtergrond (2010).
Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake Hillary Clinton en minister van Verdediging Ehud Barak, met Jerusalem in die agtergrond (2010).
Generaal Benny Gantz word bevorder tot opperbevelhebber deur premier Benjamin Netanyahu en minister van Verdediging Ehud Barak (2011).
Generaal Benny Gantz word bevorder tot opperbevelhebber deur premier Benjamin Netanyahu en minister van Verdediging Ehud Barak (2011).
Ehud Barak besoek die Pentagon as die Israelse minister van Verdediging (2011).
Ehud Barak besoek die Pentagon as die Israelse minister van Verdediging (2011).
Ehud Barak as die Onafhanklikheidsparty se voorsitter (2012).
Ehud Barak as die Onafhanklikheidsparty se voorsitter (2012).
10 images

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Benjamin NetanyahuEerste Minister van Israel
1999-2001Opgevolg deur
Ariel Sharon

Read next

In 58 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article