factograf
AF
Sign in

Dopluis

Dopluis
’n Dopluismannetjie met vlerke.
’n Dopluismannetjie met vlerke.

Dopluise is klein insekte van die orde Hemiptera. Daar is sowat 8 000 spesies.

Eienskappe

Die insekte se voorkoms wissel baie – van uiters klein organismes (wat 1 tot 2 mm lank is) tot blink, pêrelagtige voorwerpe (sowat 5 mm lank). Volwasse wyfies is gewoonlik permanent aan die plant geheg. Hulle skei ’n wasagtige stof af vir verdediging. Mannetjies het gewoonlik vlerke, na gelang van die spesie, maar eet nooit; hulle gaan binne ’n dag of twee dood. Hul enigste doel is om die wyfies te bevrug.

Die meeste insekte is parasiete op plante en drink sap wat uit die plant gesuig word. Hulle kom op ’n groot verskeidenheid plante voor en sommige is in ’n simbiotiese verhouding met miere.

Baie dopluise is ’n plantplaag. Die waslaag wat hulle vorm, beskerm hulle teen insekdoders, wat net doeltreffend is in die eerste nimfstadium wanneer hulle as "kruipers" bekend is.

Eksterne skakels

  • ScaleNet-tuisblad Geargiveer 17 September 2008 op Wayback Machine
  • Dopluis: forum
  • Wikispecies het meer inligting verwant aan Dopluis
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 54 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article