factograf
AF
Sign in

Coryphaenidae

Coryphaenidae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamCoryphaenidae
takson rangfamilie

Die Dorades (Coryphaenidae) is 'n familie van visse wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is slegs een genus met twee spesies wat hoort tot dié familie en een van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor; die familie is dus 'n Monotipiese takson.

Kenmerke

Die lyf is plat en lank. Die volwasse visse het benerige knop op die voorkop wat die kop 'n steil profiel gee. Die lyf is bedek met klein skubbe. Die dorsale vin is lank, vanaf die voorkop tot by die stert. Die anale vin is ook lank, ongeveer die helfte van die dosale vin se lengte en die stert vin is gevurk. Dorades is ware pelagiese vis, hulle kom voor in die oop oseaan sowel as die naby die kus.

Genus

Die volgende genus en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Coryphaena

Die spesie Coryphaena equiselis kom nie aan die Suid-Afrikaanse kus voor nie maar mag wel gevind word aan die grense van Suider-Afrika dit wil sê noord van Namibië en Mosambiek.

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Read next

In 22 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article