factograf
AF

Burnley FC

Burnley FC

Key facts

datum van stigting of ontstaan1882
landVerenigde Koninkryk
geleë in administratiewe eenheidBurnley
All data from the card 8
Volle naam
Burnley Football Club
Bynaam/me
The Clarets
Stigting
18 Mei 1882
Tuisveld
Turf Moor, Burnley, Lancashire
Kapasiteit
21 944
Voorsitter
Alan Pace
Afrigter
Nicky Hayen
Liga
EFL Championship

Burnley Football Club is ’n professionele sokkerklub wat in Burnley, Lancashire, Engeland, gebaseer is. Die klub ding mee in die EFL Championship, die die tweede hoogste vlak van Engelse sokker.

Die klub is in 1882 gestig en was een van die eerste wat professioneel geword het (in 1883), waarna hulle druk op die Football Association geplaas het om betalings aan spelers toe te laat. Burnley het vir die eerste keer in die FA-beker deelgeneem in die 1885/86-seisoen, en was een van die 12 stigterslede van die Football League in 1888/89 — die wêreld se eerste sokkerliga-kompetisie.

Die span speel hul tuiswedstryde sedert 1883 by Turf Moor, nadat hulle van hul oorspronklike terrein by Calder Vale verhuis het. Die klub, bynaam “The Clarets”, het in 1910 hul kenmerkende wynrooi en blou kleure aangeneem. Die klub se huidige embleem is gebaseer op Burnley se wapenskild. Burnley het ’n langstaande mededinging met die nabygeleë klub Blackburn Rovers, met wie hulle meeding in die Oos-Lancashire-derby.

Externe skakels

  • Amptelike webwerf

Read next

In 78 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article