Robert William "Bob" Hoskins, Jr. (26 Oktober 1942 – 29 April 2014) was 'n Engelse filmster en komediant. Hoskins is bekend vir sy rol in rolprente soos "The Long Good Friday", "Mona Lisa" en "Who Framed Roger Rabbit". Hy het 'n Bafta- en 'n Golden Globe-prys vir sy rol as George in Mona Lisa ontvang.
Biografie
Robert William Hoskins, Jr. is op 26 Oktober 1942 in St. Bury Edmunds, West Suffolk in die Verenigde Koninkryk gebore.
Hoskins kondig sy aftrede op 8 Augustus 2012 aan nadat hy in 2011 met Parkinson se siekte gediagnoseer is. Hy is op 29 April 2014 by sy huis in Londen in die noorde van Engeland aan longontsteking oorlede.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bob Hoskins.
