Die blaas is ’n hol, spieragtige orgaan in mense en sommige ander diere wat urine van die niere versamel en berg voordat dit tydens urinering die liggaam verlaat.
In mense is die blaas ’n elastiese orgaan wat op die bekkenvloer geleë is. Urine kom deur die ureter of urineleier die blaas binne en verlaat dit deur die uretra of urinebuis. ’n Menslike blaas hou gemiddeld tussen 300 en 500 ml voordat ’n drang ontstaan om die blaas te ledig. Dit kan egter aansienlik meer hou.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Blaas.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
