factograf
AF
Sign in

Al-'Kamar

Al-'Kamar

Al-'Kamar (Arabies: القمر, "Die Maan") is die 54ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 55 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. Die soera se naam kom uit vers 1.

Opsomming

Die hoofstuk begin met die oopsplitsing van die maan ('n wonderwerk in die Moslemse tradisie). Die tradisionele vertolking is dat dit verwys na 'n wonderwerk deur Mohammed in die Mekkaanse tydperk van sy loopbaan, toe hy gewys het hoe die maan middeldeur splits in reaksie op 'n uitdaging deur sy teenstanders. Die reaksie van ongeloof word in vers 2 genoem: "En as hulle ’n teken sien, draai hulle weg en sê: Verganklike towery!" Verskeie verslae oor dié voorval kom in die hadits voor en kan na verskeie Metgeselle teruggespeur word. Dit voorspel die onvermydelike oordeelsdag, wanneer die gelowiges van die ongelowiges geskei sal word, of dié wat vir die hemel bestem is van dié wat vir die hel bestem is.

Omdat die sentrale tema van dié soera om die lot van die ongelowiges sentreer, is die simboliese gebruik van die maan in die eerste vers bedoel as waarskuwing vir die ongelowiges oor hulle lot, want: “Die Uur het nader gekom, en die maan was oopgesplits”. Daarbenewens is die sekelmaan 'n belangrike simbool van Islam en dit kan in dié geval dui op die belangrikheid van die opkomende godsdiens, omdat maansiklusse die struktuur van die Islamitiese kalender bepaal.

Skakels

  • Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 47 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article