factograf
AF

Ahmet III

Ahmet III

Key facts

geboortedatum30 Desember 1673
sterfdatum01 Julie 1736
beroepdigter, politikus
sterfplekTopkapi-paleis
All data from the card 7
Volle naam
Sultan Ahmet III
Ottomaanse naam
احمد ثالث
Tydperk
1703-1730
Stadium
Stagnasie van die Ottomaanse Ryk
Huis
Osman
Voorganger
Mustafa II
Opvolger
Mahmoed I

Ahmet III (Ottomaanse Turks: احمد ثالث, moderne Turks: III.Ahmet; 30/31 Desember 1673 – 1 Julie 1736) was van 1703–1730 sultan van die Ottomaanse Ryk.

Hy was die seun van sultan Mehmet IV en het die troon in 1703 bestyg nadat sy broer Mustafa II geabdikeer het. Hy het goeie betrekkinge met Frankryk aangeknoop, waarskynlik in die lig van Rusland se dreigende houding. Ná Swede se nederlaag in 1709 teen Rusland het hy beskerming aan koning Karel XII van Swede gebied.

In 1710 het die koning sultan Ahmet oorreed om oorlog teen Rusland te verklaar en die Turke het die Russe verslaan. Die Ottomane se daaropvolgende oorwinnings het Ahmet in staat gestel om teen Moskou op te ruk en Rusland se mag te verbreek. Hy het egter nuus ontvang dat die ryk deur die Perse aangeval word en dit het sy aandag van Rusland afgetrek.

Hy was toenemend ongewild weens sy uitspattigheid en op 20 September 1730 is hy in ’n opstand gedwing om te abdikeer. Sy broerskind Mahmoed I, die seun van Mustafa II, het hom opgevolg. Hy is ses jaar later oorlede.

Hierdie artikel is vertaal vanuit die Engelse Wikipedia

Read next

In 69 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article