factograf
AF

Vlag van Marokko

Vlag van Marokko

Key facts

datum van stigting of ontstaan16 November 1915
is 'nnasionale vlag
landMarokko
All data from the card 10
Gebruik
Nasionale vlag en Staatsvaandel
Verhouding
2:3
Goedgekeur
2 Maart 1956 (Huidige weergawe, oorspronklike gebruik sedert 1666)
Ontwerp
’n Rooi vlag met ’n groen pentagram in die middel.
Gebruik
Burgerlike vaandel
Verhouding
2:3
Ontwerp
Die Marokkaanse vlag met ’n geel ster-en-kroon-motief in die skildhoek.
Gebruik
Vlootvaandel
Verhouding
2:3
Ontwerp
Die Marokkaanse vlag met ’n geel ster-en-kroon-motief in elke hoek van die vlag.

Die nasionale vlag van Marokko is op 2 Maart 1961 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele rooi baan met ’n verweefde groen pentagram met swart fraiings in die middel van die vlag.

Simboliek

Rooi is van aanmerklike historiese belang in Marokko. In Marokko stel die kleur die bloedverwantskap tussen die profeet Mohammed en die Koning voor. (Die koning dra die titel Bevelvoerder van die Gelowiges.) Rooi is ook die kleur wat deur die Sherifs van Mekka en die Imams van Jemen gebruik is. Vanaf die 17de eeu was die vlae van die land rooi. In 1915, gedurende die heerskappy van Mulay Yusuf, is die groen Seël van Salomo tot die nasionale vlag toegevoeg. Die pentagram op die Marokkaanse vlag verteenwoordig die verwantskap tussen God en die nasie.

Ontwerp

Konstruksietekening
Konstruksietekening
Horisontale en vertikale vertonings
Horisontale en vertikale vertonings
2 images

In die tyd van die Merinide- en Saadivorstehuise was die Marokkaanse vlag wit. Ongeveer in 1666 het die Alaouivorstehuis (wat vandag nog regeer) die vlag na rooi verander, waar rooi die simboliese kleur is van die afstammelinge van die profeet Mohammed. Die rooi vlag het so gebly tot in die tyd van die Franse protektoraat toe die rooi vlag verwarring gebring het met kommunisme.

Rachid Sbihi, ’n Marokkaanse historikus en muntkundige, sê dat die besluit toe geneem is om die rooi vlag te behou as simbool vir die Koninklike Majzen, terwyl die nasionale vlag ’n sespuntige groen ster in die middel sal hê. Dit het so gebly tot koninklike verordening van 1915 die ster verander het na ’n vyfpuntige ster.

Die sespuntige ster wat gebruik is op die Marokkaanse vlag staan ook bekend as die Seël van Salomo (Sulaïman in Arabies) of die Dawidster. Dit het geblyk dat die nuwe ster die beste aangepas was vir die land se geloof omdat die vyf punte van die ster die 5 standpunte van die Islamitiese geloof simboliseer.

Kleure

Die kleurskema word hieronder gelys:

Rooi Groen
RGB 193-39-45 0-98-51
Heksadesimaal #c1272d #006233
CMYK 0, 80, 77, 24 100, 0, 48, 62
Pantone 7620 C 3425 C

Ander vlae

Historiese vlae

  • Vlag van die Alaouitevorstehuis, 19de eeu
    Vlag van die Alaouitevorstehuis, 19de eeu
  • Vlag van Marokko (Alaouitevorstehuis), 1666 tot 1912
    Vlag van Marokko (Alaouitevorstehuis), 1666 tot 1912
  • Vlag van die Rif-Republiek, 1921 tot 1926
    Vlag van die Rif-Republiek, 1921 tot 1926

Historiese koopvaardyvlae

  • Koopvaardyvlag van Frans-Marokko
    Koopvaardyvlag van Frans-Marokko
  • Koopvaardyvlag van Spaans-Marokko
    Koopvaardyvlag van Spaans-Marokko
  • Koopvaardyvlag van die Internasionale sone van Tangier
    Koopvaardyvlag van die Internasionale sone van Tangier

Ander

  • Vlootgeus van Marokko
    Vlootgeus van Marokko
  • Lugmagrondeau
    Lugmagrondeau
  • Koninklike vlag van Marokko
    Koninklike vlag van Marokko
  • Koninklike standaard van Marokko
    Koninklike standaard van Marokko

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 73 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article