factograf
AF
Sign in

Van Morrison

Van Morrison

Key facts

geboortedatum31 Augustus 1945
beroepkitaarspeler, digter, komponis
geboorteplekBelfast
prys ontvangOBE
genrerockmusiek
All data from the card 9
Geboortenaam
George Ivan Morrison
Gebore
31 Augustus 1945Belfast, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk
Genres
Rock · rhythm & blues · folk · blues · soul · Keltiese musiek · jazz · country · gospel
Beroep(e)
SangerLiedjieskryfsterMusikantMusiekvervaardiger
Instrumente
Stem, kitaar, harmonika, saxofoon, klawerbord, slagwerk, tamboerien, ukulele
Jare aktief
1958 tot hede
Etikette
Decca · Bang · Warner Bros. · London · Mercury · Exile · Polydor · Verve · Point Blank · Virgin · Universal · Blue Note · Lost Highway · Listen to the Lion · EMI · Manhattan · RCA
Assosiasies
Them
Webwerf
vanmorrison.com

Sir George Ivan "Van" Morrison, OBE (* 31 Augustus 1945 in Belfast, Noord-Ierland, Verenigde Koninkryk) is 'n Noord-Ierse sanger, musikant, liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Vir sy musikale prestasies, sy bydraes tot die toerismebedryf en sy bevordering van weldadigheidsorganisasies in Noord-Ierland is Van Morrison in 2016 tot ridder geslaan.

Morrison, wat ook as "Van the Man" bekendstaan, het sy loopbaan reeds as tienerseun in die 1950's begin toe hy 'n verskeidenheid instrumente soos kitaar, harmonika, klawerbord en saxofoon vir verskeie Ierse musiekgroepe gespeel het wat destyds gewilde treffers opgevoer het. Teen die middel van die sestigerjare het Morrison bekendheid verwerf as hoofsanger van die Noord-Ierse rhythm & blues-groep Them. Een van hul liedjies, Gloria, het 'n klassieke pop-treffer geword.

Sy solo-loopbaan het begin met sy samewerking met Bert Berns, 'n Amerikaanse liedjieskrywer en musiekvervaardiger. Uit die samewerking het in 1967 die enkelsnittreffer Brown Eyed Girl voortgespring. Ná Berns se ontydige afsterwe - hy is op 30 Desember 1967 op die ouderdom van 38 aan hartversaking dood - het die platemaatskappy Warner Bros. Records Morrison se kontrak uitgekoop. Hy het die kans gekry om tydens drie sessies die album Astral Weeks op te neem. Die langspeler, wat deur kritici gunstig ontvang is, het aanvanklik swak verkoop.

Eers met Moondance (1970) het Morrison groter internasionale sukses behaal. Met 'n reeks langspelers en konsertoptredes het hy sy reputasie as een van die leidende popkunstenaars gevestig. Morrison het ook in die volgende dekades voortgegaan om albums vry te stel en konserttoere te onderneem. Soms het hy saamgewerk met ander groot name in die internasionale musiekbedryf soos Georgie Fame en The Chieftains.

Read next

In 49 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article