factograf
AF
Sign in

aanlyn biblioteek databasis aggregator; aangebied deur die Nasionale Biblioteek van Australië

Trove

Key facts

datum van stigting of ontstaan2009
is 'nAanlyn databasis, webwerf, aanlyn diens
landAustralië
beskryf deur bronOpen GLAM Survey

Trove is ’n Australiese aanlyn biblioteekdatabasisdiens wat volle teksdokumente, digitale foto's en bibliografiese data insluit van items wat nie digitaal beskikbaar is nie. Dit het ook ’n gratis soekenjin.

Die databasis sluit in argiewe, beelde, koerante, amptelike dokumente, geargiveerde webtuistes, manuskripte en ander soorte data. Dit word onderhou deur die Nasionale Biblioteek van Australië in vennootskap met inhoudverskaffers. Dit is een van die mees gerespekteerde inligtingsdienste in Australië, met meer as 70 000 daaglikse gebruikers.

Die eerste weergawe van Trove is laat in 2009 vir openbare gebruik beskikbaar gestel. Dit sluit inhoud in van biblioteke, museums, argiewe en ander organisasies met ’n fokus op Australië. Soektogte is moontlik van katalogusinskrywings van boeke in Australiese biblioteke (sommige volledig aanlyn beskikbaar), akademiese en ander tydskrifte, volle tekste of gedigitaliseerde koerantargiewe, regeringskoerante en geargiveerde webtuistes. Dit bied toegang tot gedigitaliseerde foto's, kaarte, inligting oor mense en organisasies, geargiveerde dagboeke en briewe en ander digitale inhoud. Nog inhoud wat deursoek kan word, is musiek, video's en klankgrepe, asook transkripsies van radioprogramme.

Benewens gedigitaliseerde koerante, word geen inligting deur Trove self geberg nie; dit indekseer, formateer en bestuur bloot die versameling metadata van sy vennote.

Eksterne skakels

  • Amptelike webwerf

Luafout in Module:Authority_control_files op reël 17: bad argument #1 to 'pairs' (table expected, got nil)

Read next

In 20 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article