factograf
AF

Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur, vervaardiger, aktivis en musikant

Tim Robbins

Tim Robbins

Key facts

geboortedatum16 Oktober 1958
hoogte2m
beroepdraaiboekskrywer, rolprentvervaardiger, rolprentakteur
lid van politieke partyDemokratiese Party
All data from the card 4
Geboortenaam
Timothy Francis Robbins
Geboorte
16 Oktober 1958
Lewensmaat
Gratiela Brancusi (trou 2017; skei 2022) Susan Sarandon (1988–2009)
Aktiewe jare
1979-hede

Timothy Francis "Tim" Robbins (gebore op 16 Oktober 1958) is ’n Amerikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur, vervaardiger, aktivis en musikant.

Loopbaan

Sy akteursloopbaan het op die verhoog begin; hy was onder meer te sien in ’n verhoogweergawe van Antoine de Saint-Exupéry se boek The Little Prince. Nadat hy in 1981 gegradueer het, het hy The Actors' Gang, ’n eksperimentele akteursgroep, in Los Angeles gestig saam met vriende, onder andere John Cusack. Daarna het televisierolle gevolg in programme soos St. Elsewhere (1982) en Moonlighting. Sy deurbraakrol was as Ebby Calvin "Nuke" LaLoosh in die 1988-basketbalfliek Bull Durham, saam met Susan Sarandon en Kevin Costner.

Hy het lof en die prys vir beste akteur op die Cannes-rolprentfees gekry vir sy rol as die rolprentgrootkop Griffin Mill in The Player (1992). Hy het ook in 1994 saam met Morgan Freeman in die geloofde prent The Shawshank Redemption gespeel.

Robbins se ander rolle sluit in dié van Jacob Singer in Jacob's Ladder (1990) en Dave Boyle in Mystic River (2003), waarvoor hy ’n Oscar vir beste manlike byspeler gewen het. Hy was ook die regisseur van prente soos Dead Man Walking.

Read next

In 67 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article