factograf
AF
Sign in

Stromboli

Stromboli
Ligging van Stromboli.
Ligging van Stromboli.
Uitbarsting in 1980.
Uitbarsting in 1980.
2 images

Stromboli is 'n klein vulkaaneiland in die Tirreense See. Die eiland het 'n oppervlakte van 12,6 vierkante kilometer en is 918 meter hoog. Een van die drie aktiewe vulkane van Italië kan hier gevind word.

Vanaf die seebodem gemeet is die eiland eintlik 'n drieduisend meter hoë vulkaan, waarvan ongeveer een derde bo die water uitsteek. Die eiland word deur ongeveer 450 mense bewoon (2002).

In 2002 is 'n Duitse toeris hier oorlede nadat hy deur 'n blok gestolde lawa uit die vulkaan getref is. Die uitbarstings is egter meestal klein en nie gevaarlik nie.

Read next

In 74 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article