factograf
AF

Sri Lankaanse nasionale vrouekrieketspan

Sri Lankaanse nasionale vrouekrieketspan
All data from the card 33
Konferensie
Sri Lanka Krieket (SLC)
Kaptein
Chamari Athapaththu
Afrigter
Rumesh Ratnayake
Toetsstatus verkry
1998
IKR-status
Assosiaatlid (1965) Volle lid (1981)
IKR-streek
AKR (Asië)
IKR-ranglys
Tans
EDI
6de
T20I
6de
Enigste toets
t Pakistan op Colts-krieketklubveld, Colombo; 17–20 April 1998
Toetse
Gespeel
Algeheel
1
Vanjaar
0
Vroue-kampioenskappe
3/3 (eerste in 2014–16)
Beste uitslag
5de plek (in 2022–25)
Eerste EDI
t Nederland op Singalese Sportklub-krieketveld, Colombo; 25 November 1997
Laaste EDI
t Bangladesj op Shaheed Qamaruzzaman-stadion, Rajshahi; 25 April 2026
EDIs
Gespeel
Algeheel
210
Vanjaar
6
Vrouekrieketwêreldbeker-verskynings
7/13 (eerste in 1997)
Beste uitslag
5de plek (in 2013)
Vrouewêreldbeker-kwalifiserings
2 (eerste in 2011)
Beste uitslag
Halfeindrondte (in 2011, 2017)
Eerste T20I
t Pakistan op County-krieketveld, Taunton; 12 Junie 2009
Laaste T20I
t Skotland op Old Trafford, Manchester; 26 Junie 2026
T20Is
Gespeel
Algeheel
179
Vanjaar
11
T20I-vrouewêreldbeker-verskynings
10/10 (eerste in 2009)
Beste uitslag
Groepfase (in 2009, 2010, 2012, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024, 2026)
T20I-vrouewêreldbeker-kwalifiserings
2 (eerste in 2013)
Beste uitslag
Kampioen (in 2013, 2024)

Die Sri Lankaanse nasionale vrouekrieketspan is die nasionale vrouekrieketspan wat Sri Lanka in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Sri Lanka Krieket (SLC) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Tydens die Asiatiese Vrouebeker 2024 het Sri Lanka sy eerste internasionale titel gewen. Sri Lanka is tans (Junie 2026) sesde op die IKR-vroue-eendagranglys en sesde op die Twintig20-vrouewêreldranglys.

Beheerliggaam

Sri Lanka Krieket (SLC) is op 30 Junie 1975 as Raad van Krieket vir Sri Lanka (BCCSL) gestig en verantwoordelik vir die reël van krieket in Sri Lanka. Op 21 Julie 1981 het Sri Lanka ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword en mag dus toetskrieket speel, wat na die belangrikste en vernaamste internasionale krieketwedstryde verwys. Daarbenewens was die Sri Lankaanse beheerliggaam in 1983 ’n stigtingslid van die Asiatiese Krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad).

Sri Lanka Krieket bestuur al die Sri Lanka-verteenwoordigende nasionale spanne, insluitende die mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van toets-, EDI- en T20I-reekse teen ander spanne, en die reël van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is die SLC verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Sri Lankaanse span.

Kinders en jongmense word reeds op skool aan krieket bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander krieketlande beskik Sri Lanka oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-vrouekrieketwêreldbeker deelneem.

Geskiedenis

Oorsprong

Die Sri Lankane het hul eerste internasionale wedstryd tydens die 1997/98-toer na Nederland gespeel, waar hulle twee van drie die EDIs verloor het. Dié reeks het as ’n voorbereiding op die Vrouekrieketwêreldbeker 1997 in Indië gedien. Tydens die eerste rondte het hulle Wes-Indië verslaan, maar in die kwarteindstryd teen Engeland vasgeval. Sy eerste en tot op hede enigste toetswedstryd het Sri Lanka tydens sy 1998-toer na Pakistan gespeel, wat hulle gewen het. Gedurende die daaropvolgende winter het Nederland vir vyf EDIs Sri Lanka besoek en dié keer het die gasvroue al vyf die wedstryde gewen. Die volgende internasionale verskyning was tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 in Nieu-Seeland. Die Sri Lankane het in die eerste rondte naelskraapse oorwinnings oor Nederland en Ierland aangeteken, maar die halfeindrondte misgeloop. In die daaropvolgende jare het hulle een reeks elk teen Pakistan en Wes-Indië maklik gewen, maar tydens die Asiatiese Vrouebeker 2004 teen Indië vasgeval.

Vestiging op internasionale vlak

Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2005 het die Sri Lankane oor Suid-Afrika geseëvier en die sesde plek behaal. Tydens die drie daaropvolgende Asiatiese Vrouebekertoernooie (in 2005/06, 2006 en 2008) het hulle die eindstryd gehaal, maar telkens teen Indië vasgeval. In 2006 is die beheer oor vrouekrieket deur Sri Lanka Krieket (SLC) oorgeneem, wat ook toesig hou oor manskrieket in Sri Lanka. In voorbereiding op die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 het die span onder andere ’n reeks teen Wes-Indië gespeel wat tot op hede hul enigste EDI-reeks is wat hulle kon beklink. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2009 in Australië het die span al sy groepwedstryde verloor. Tydens die daaropvolgende T20I-vrouewêreldbeker 2009 het hulle Pakistan geklop, maar die halfeindrondte misgeloop.

Droë tydperk

Sri Lanka het gereeld vir die belangrike toernooie gekwalifiseer, maar tot dusver geen titel ingepalm nie. Tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2010 en 2012 het die span slegs een oorwinning elk in die groepfase aangeteken. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2013 het hulle ná oorwinnings oor Indië en Engeland vir die eerste keer die tweede rondte by ’n wêreldbekertoernooi gehaal, maar hulle is daar sonder ’n oorwinning uit die toernooi geskakel.

Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2014 het die span Indië geklop en vanweë ’n beter lopietempo teenoor Australië die tweede rondte gehaal. Die Sri Lankane is egter in al hul wedstryde verslaan en het die toernooi in die agtste plek afgesluit. Tydens die Vrouekampioenskap 2014–16 het die span al sy EDI-reekse verloor en die laaste plek beklee. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2016 het hulle Ierland en Suid-Afrika geklop, maar versuim om vir die halfeindrondte te kwalifiseer. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2017-kwalifisering het hulle tuis beklink. Die hooftoernooi het die span ná slegs een oorwinning oor Pakistan in die voorlaaste plek afgesluit.

Tydens die Vrouekampioenskap 2017–20 is Sri Lanka weer in al sy EDI-reekse verslaan. Tydens die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2018 en 2020 is die span ná een oorwinning elk in die eerste rondte uitgeskakel. Omdat die Vrouekrieketwêreldbeker 2022-kwalifisering vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie afgelas moes word, het hulle vir die eerste keer sedert 1997 ’n vrouekrieketwêreldbekertoernooi misgeloop. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Sri Lankane twee oorwinnings aangeteken, maar nie die halfeindrondte gehaal nie. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 het Sri Lanka saam met Indië as medegasheer opgetree, maar die span is reeds in die groepfase uitgeskakel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2026 het Sri Lanka vir die eerste keer drie oorwinnings aangeteken, maar hulle het vanweë hul swakker lopietempo teenoor Wes-Indië s’n die halfeindrondte naelskraap misgeloop (Sri Lanka –0.725, Wes-Indië –0.147).

Spelers

Spelerstatistieke

Daar het altesaam elf spelers toets-, 84 spelers EDI- en 59 spelers T20I-wedstryde vir Sri Lanka gespeel. Vervolgens die spelers wat vir die Sri Lankaanse span die meeste lopies aangeteken en die meeste paaltjies geneem het.

Lopies

Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Lopies Speler Tydperk EDIs Lopies Speler Tydperk T20Is Lopies
Chamani Seneviratna 1998–1998 1 148 Chamari Athapaththu 2010–hede 126 4 154 Chamari Athapaththu 2009–hede 162 3 924
Vanessa de Silva 1998–1998 1 141 Shashikala Siriwardene 2003–2019 118 2 029 Harshitha Samarawickrama 2016–hede 88 1 790
Dedunu Gunaratne 1998–1998 1 55 Harshitha Samarawickrama 2016–hede 53 1 447 Nilakshika Silva 2013–hede 119 1 365
Rose Dovey 1998–1998 1 52 Dilani Manodara 2006–2019 97 1 363 Shashikala Siriwardene 2010–2020 81 1 097
Chandrika Lakmalee 1998–1998 1 27 Hasini Perera 2014–hede 66 1 265 Hasini Perera 2014–hede 98 1 061
Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Paaltjies

Toets EDI T20I
Speler Tydperk Toetse Paaltjies Speler Tydperk EDIs Paaltjies Speler Tydperk T20Is Paaltjies
Rasanjali Silva 1998–1998 1 8 Shashikala Siriwardene 2003–2019 118 124 Inoka Ranaweera 2012–hede 91 97
Chamani Seneviratna 1998–1998 1 7 Inoka Ranaweera 2012–hede 92 98 Udeshika Prabodhani 2009–2024 106 84
Rose Dovey 1998–1998 1 4 Chamani Seneviratna 1997–2013 80 72 Shashikala Siriwardene 2010–2020 81 77
Suwini de Alwis 2005–2011 49 58 Chamari Athapaththu 2009–hede 162 74
Sripali Weerakkody 2006–2018 89 58 Sugandika Kumari 2015–hede 99 73
Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026 Korrek teen: 29 Junie 2026

Spankapteins

Tot op hede was een speler reeds die kaptein vir Sri Lanka tydens ’n toetswedstryd, 13 tydens ’n EDI en agt tydens ’n T20I.

Toets EDI T20I
No. Naam Tydperk Naam Tydperk Naam Tydperk
1 Rasanjali Silva 1998 Vanessa de Silva 1997 Chamari Polgampola 2009
2 Rasanjali Silva 1998–2000 Chamani Seneviratna 2010
3 Suthershini Sivanantham 2002–2003 Shashikala Siriwardene 2010–2018
4 Thanuga Ekanayake 2004 Dilani Manodara 2012
5 Randika Galhenage 2004 Chamari Athapaththu 2014–hede
6 Sandamali Dolawatte 2005–2013 Hasini Perera 2016
7 Shashikala Siriwardene 2005–2019 Inoka Ranaweera 2017
8 Chamani Seneviratna 2010 Anushka Sanjeewani 2024
9 Dilani Manodara 2010–2012
10 Chamari Athapaththu 2014–hede
11 Eshani Lokusuriyage 2015
12 Inoka Ranaweera 2016–2017
13 Hasini Perera 2026

Rekords

Toetsrekord teen ander lande

Teenstander Gespeel Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
Pakistan 1 1 0 0 0 100,00 20 April 1998
Algeheel 1 1 0 0 0 0,00 20 April 1998
Rekords volledig tot en met toets #152 op 6–8 Maart 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026.

EDI-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Volle lede
Australië 11 0 11 0 0 0,00 –
Bangladesj 7 5 1 0 1 71,43 19 Februarie 2017
Engeland 21 1 18 0 2 4,76 1 Februarie 2013
Ierland 7 4 2 0 1 57,14 5 Desember 2000
Indië 36 3 32 0 1 8,33 5 Februarie 2013
Nieu-Seeland 17 2 13 0 2 11,76 27 Junie 2023
Pakistan 34 22 11 0 1 64,71 11 April 1998
Suid-Afrika 26 6 17 0 3 23,08 1 April 2005
Wes-Indië 38 19 19 0 0 50,00 11 Desember 1997
t. Assosiaatlede
Nederland 13 10 3 0 0 76,92 29 November 1997
Algeheel 210 72 127 0 11 34,29 29 November 1997
Rekords volledig tot en met EDI #1550 op 16 Mei 2026. Laaste keer hersien op 29 Junie 2026. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en tel gelykop as ’n halwe oorwinning.

Vrouekrieketwêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1973 Nie in aanmerking nie
1978 Nie in aanmerking nie
1982 Nie in aanmerking nie
1988 Nie in aanmerking nie
1993 Nie in aanmerking nie
1997 Kwarteindrondte
2000 Groepfase
2005 Groepfase
2009 Groepfase
2013 Super 6
2017 Groepfase
2022 Nie gekwalifiseer nie
2025 Groepfase
2029 N.v.t.

T20I-rekord teen ander lande

Teenstander Wedstryde Gewen Verloor Gelykop Onbeslis % Gewen Eerste oorwinning
t. Volle lede
Australië 8 0 8 0 0 0,00 –
Bangladesj 16 13 3 0 0 81,25 3 Desember 2016
Engeland 13 2 11 0 0 15,38 2 September 2023
Ierland 6 5 1 0 0 83,33 14 Oktober 2010
Indië 31 5 25 0 1 16,13 25 Januarie 2014
Nieu-Seeland 18 3 14 0 1 16,67 12 Julie 2023
Pakistan 21 9 11 0 1 42,85 12 Junie 2009
Suid-Afrika 17 6 11 0 0 35,29 2 November 2013
Wes-Indië 30 7 21 0 2 23,33 7 Mei 2012
t. Assosiaatlede
 Kenia 1 1 0 0 0 100,00 20 Januarie 2022
 Maleisië 4 4 0 0 0 100,00 4 Junie 2018
Nederland 1 0 0 0 1 0,00 –
Skotland 4 4 0 0 0 100,00 18 Januarie 2022
Thailand 5 4 1 0 0 80,00 4 Oktober 2022
 Uganda 1 1 0 0 0 100,00 1 Mei 2024
 Verenigde Arabiese Emirate 2 2 0 0 0 100,00 2 Oktober 2022
 Verenigde State 1 1 0 0 0 100,00 3 Mei 2024
Algeheel 179 67 106 0 6 37,43 12 Junie 2009
Rekords volledig tot en met T20I #2907 op 28 Junie 2026. Gelykop verwys na wedstryde wat deur ’n valbyl (soos ’n Superboulbeurt) beslis is. Wenpersentasies sluit onbesliste wedstryde uit en gelykop as ’n halwe oorwinning (ongeag die valbyl).

T20I-vrouewêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
2009 Groepfase
2010 Groepfase
2012 Groepfase
2014 Agtste plek
2016 Groepfase
2018 Groepfase
2020 Groepfase
2023 Groepfase
2024 Groepfase
2026 Groepfase
2028 gekwalifiseer

Asiatiese Vrouebekerrekord

Jaar Uitslag
2004 Naaswenner
2005/06 Naaswenner
2006 Naaswenner
2008 Naaswenner
2012 Halfeindrondte
2016 Groepfase
2018 Groepfase
2022 Naaswenner
2024 Kampioen

Statebondspele

Jaar Uitslag
2024 Groepfase

Asiatiese Spelerekord

Jaar Uitslag
2010 Nie deelgeneem nie
2014 3de plek
2022 Naaswenner

Eksterne skakels

  • (en) (si) (ta) Amptelike webwerf van Sri Lanka Krieket
  • (en) Sri Lanka-vroue op ESPNcricinfo
  • (en) Sri Lanka by die IKR

Read next

In 14 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article