factograf
AF

Solwezi

Solwezi

Key facts

bevolking90 856
hoogte bo seevlak1 381m
is 'nstad
landZambië
geleë in administratiewe eenheidNoordwestelike Provinsie
All data from the card 5
Land
Zambië
Provinsie
Westelike provinsie
Hoogte
1 235 m (4 052 ft)
• Totaal
65 000
Tydsone
UTC+2 (SAST)

Solwezi is 'n dorp in die noordweste van Zambië en ondanks sy geskatte bevolking van net 5 949 in 2009 die Noordwestelike Provinsie se hoofstad.

Die dorp verleen sy naam aan een van Zambië se agt Rooms-Katolieke bisdomme wat in 2004 uit 67 048 lidmate bestaan het, oftewel amper 10% van die inwoners van die bisdom – heelwat minder as die landswye gemiddeld van 28% Katolieke. 'n Satellietkampus van die Universiteit van Zambië was veronderstel om tot onafhanklike universiteit te ontwikkel, maar die plan is nooit uitgevoer nie.

Die beste manier om Solwezi te bereik is per pad uit die Koperstreek, 173 km van Chingola af. Dit is 'n bedrywige dorp met vulstasies, banke en winkels vir basiese voorrade. Hier is selfs 'n winkel (in Independencelaan) van die Suid-Afrikaanse kruidenier Shoprite. Die Changa Changa Hotel bied redelike verblyf.

Read next

In 32 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article