Slipknot is 'n Amerikaanse heavy metal musiekgroep van Des Moines, Iowa, dit het in 1995 tot stand gekom. Die groep van nege lede van 1999 tot Gray se dood in 2010 was Sid Wilson, Joey Jordinson, Paul Gray, Chris Fehn, Jim Root, Craig Jones, Shawn Crahan, Mick Thompson en Corey Taylor. Hulle is bekend vir elke lid wat 'n unieke masker dra.
Diskografie
Ateljeealbums
- Slipknot (1999)
- Iowa (2001)
- Vol. 3: (The Subliminal Verses) (2004)
- All Hope Is Gone (2008)
- .5: The Gray Chapter (2014)
- We Are Not Your Kind (2019)
- The End, So Far (2022)
