factograf
AF

Skaapvleis

Skaapvleis
Lamsnitte: 1. Nek 2. Blad 3. Beste deel 4. Rug 5. Lende 6. Boud 7. Skouer 8. Bors
Lamsnitte: 1. Nek 2. Blad 3. Beste deel 4. Rug 5. Lende 6. Boud 7. Skouer 8. Bors
Lamribtjops
Lamribtjops
Lamtjops met tjips
Lamtjops met tjips
Lamskenkel
Lamskenkel
Skaapvleis rogan josh van Kasjmir
Skaapvleis rogan josh van Kasjmir
Lamsosaties op die kole
Lamsosaties op die kole
6 images

Lams- en skaapvleis is die vleis van mak of huishoudelike skape (Ovis aries). Die vleis van 'n skaap in sy eerste jaar word lamsvleis genoem, dié van 'n jong skaap ouer as een jaar is 'n hamel, en die vleis van 'n volwasse skaap is skaapvleis.

Die karkas word in vier kwarte verdeel, twee voorkwarte en twee agterkwarte. Die voorkwart strek van die nek tot by die lies. Karkassnitte uit die voorkwart is dikwels taaier as agterkwartsnitte, omdat die spiere harder werk, maar dit benadeel nie die geur of smaak nie. Vir hierdie snitte is langer gaarmaakmetodes soos stowe, smoor of potbraai dikwels beter. Die agterkwart is die agterste deel van die dier, met sagter snitte wat geskik is vir braai en ander vinnige gaarmaakmetodes.

Lams- en skaapvleis se smaak kan wissel, volgens die dier se ouderdom en die tipe weiveld waarop die dier geloop het. Die term lammers beskryf lewende jong skape, wat vir vleis gebruik mag word, of nie. In Australië word dikwels die term prima lam gebruik om te verwys na lammers wat vir vleisproduksie bestem is.

Volgens die Rooivleisindustrie van Suid-Afrika word die volgende vleissnitte onderskei:

  • Boud, kruis, lies, lende, rib, bors, dikrib, nek, skouer, skenkel.

Bronne

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Eksterne skakels

  • Rooivleisindustrie van Suid-Afrika Geargiveer 1 Oktober 2016 op Wayback Machine (en)

Read next

In 39 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article