Shinty (Skots-Gaelies: camanachd, iomain) is ’n spansport wat gespeel word met stokke en ’n bal. Dit word hoofsaaklik in die Skotse Hoogland en onder Hooglandmigrante in die groot stede van Skotland gespeel. Die sport was voorheen wyer versprei in Skotland en is selfs tot in die tweede helfte van die 20ste eeu in Noord-Engeland gespeel, sowel as in ander dele van die wêreld waar Skotse Hooglanders gemigreer het. Die sokkerklub Nottingham Forest is gestig deur ’n groep shinty-spelers.
Shinty word beskou as ’n voorloper van beide veldhokkie, bandy en yshokkie.
