factograf
AF

Senekal

Senekal

Key facts

datum van stigting of ontstaan1877
hoogte bo seevlak1 431m
is 'ndorp
landSuid-Afrika
geleë in administratiewe eenheidSetsoto Plaaslike Munisipaliteit
All data from the card 22
Land
Suid-Afrika
Provinsie
Vrystaat
Distrik
Thabo Mofutsanyana
Munisipaliteit
Setsoto
Stigting
1877
• Totaal
37,1 km2 (14,3 vk. myl)
• Totaal
25 542
• Digtheid
688/km2 (1 780/vk. myl)
• Wit mense
5.9%
• Indiërs/Asiërs
0.4%
• Bruin mense
0.6%
• Swart mense
93.0%
• Ander
0.2%
• Sotho
88.8%
• Afrikaans
7.3%
• Gebaretaal
1.3%
• Engels
1.4%
• Ander
1.2%
Poskode (strate)
9600
Poskode (posbusse)
9600
Skakelkode
058 481
Webwerf
http://www.senekal.biz

Senekal is 'n dorp geleë op die oewer van die Klipspruitrivier in die Oos-Vrystaat. Die N5 nasionale pad gaan deur die dorp en is tussen Winburg in die weste en Bethlehem na die ooste geleë. Die dorp het twee nedersettings, Matwabeng en OR Tambo, waarvan die laasgenoemde die nuutste, grootste en vinnig groeiendste is.

Senekal het 5 primêre skole en 4 sekondêre skole asook kleiner skole op plase, 'n polisiestasie, korrektiewe fasiliteite, hospitale en klinieke. Die Naledi Gemeenskapsradiostasie bedien die meeste dele van die Oos-Vrystaat en klein dele van Lesotho. Die stasie saai uit op 103,9 Mhz. Senekal is die tweede grootste dorp in die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit na Ficksburg.

Geskiedenis

Die dorp is in 1877 op die plaas De Put van F.J. Malan gestig en is genoem na kommandant-generaal FP Senekal (1815-1866). Senekal het die Vrystaatse kommando's in die twee Basoeto-oorloë van 1858 en 1865 gelei. Hy het tydens die tweede oorlog gesneuwel. Munisipale status is in 1886 toegeken. Een van die Anglo-Boere-oorlog-veldslae van 1900 is by Biddulphsberg buite die dorp geveg.

Distrik

Die distrik is 3 560 km2 groot. Sir Pierre van Ryneveld, stigter van die Suid-Afrikaanse Lugmag, is in die dorp gebore.

Die twee meesgesproke streekstale rondom Senekal is Afrikaans en Sesotho.

Plekke van belang naby Senekal sluit in: Arizona Wildplaas, Biddulphsberg-oord en Willem Pretorius-wildreservaat wat in Matjhabengdistrik val. Een van die oudste kerke in die Vrystaat is in die middel van die dorp en is omring deur versteende boomstompe, oorspronklik uit die spruit opgegrawe.

Boerdery

Boerderye rondom Senekal speel 'n belangrike ekonomiese rol in die provinsie en land as geheel. Gemengde boerdery word beoefen en produseer, onder andere, mielies, sonneblom, koring, melk- en vleisvee.

Noemenswaardige mense

Sien ook

Bronne

Read next

In 14 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article