factograf
AF

eenheid van afstand (1852 m)

Seemyl

Seemyl

'n Seemyl (simbool M, NM of nmi) is 'n meeteenheid van lengte en is ongeveer gelyk aan die lengte van een meridiaan-minuut (60 boogsekondes) by die ewenaar. Een seemyl is, in terme van internasionale konvensie, presies gelyk aan 1 852 meter (ongeveer 6 076 voet). Dit word hoofsaaklik in die maritieme bedryf gebruik.

Berekening van 'n seemyl:

  • Diameter van die aarde by die ewenaar = 12 756 km
  • Omtrek van die aarde by die ewenaar = π × 12 756 = 40 075 km
  • 1 boogminuut = 60 boogsekondes = 1/60 grade = 1/60/360 omwentelinge
  • Lengte van seemyl is dus = 40 075 × 1/60/360 = 1,855 km (dit stem ooreen met die amptelike afstand van 'n seemyl wat presies 1,852 km is)

Read next

In 77 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article