factograf
AF
Sign in

Schedar

Schedar

Schedar (ook bekend a Alpha Cassiopeiae of α Cas) is ’n ster van die tweede magnitude in die sterrebeeld Kassiopeia. Hoewel dit deur Johann Bayer as die "alfaster" aangedui is, ding dit om helderheid mee met die β-ster in die sterrebeeld. Dit is soms effens dowwer en soms effens helderder, na gelang van die metingsmetode wat gebruik word. Onlangse metings deur Nasa het egter bevestig α Cas is die helderste ster in Kassiopeia, met ’n skynbare magnitude van 2,24. Sy absolute magnitude is 18 keer dié van β Cas, maar dit is verder van die Son af geleë (228 ligjare teenoor 54).

Eienskappe

Schedar is hoofsaaklik in die Noordelike Halfrond sigbaar, hoewel dit so ver suid as Perth, Australië, en Santiago, Chili, gesien kan word, al is dit net bo die horison.

Dit is ’n oranje reusester met ’n sterreklassifikasie van K0 IIIa wat aansienlik koeler as die Son is. Omdat die oranje reus naby die finale stadium van sy evolusie is, het hy aansienlik uitgesit en is sy ligsterkte sowat 676 keer dié van die Son.

Volgens Hipparcos is die ster sowat 228 ligjare van die Son af. Nes alle reusesterre, roteer Schedar stadig – teen sowat 21 km/s. Dit neem die ster sowat 102 dae vir een volle revolusie om sy as.

Schedar is vermoedelik sowat 100 miljoen tot 200 miljoen jaar oud, en was vir ’n groot deel van sy bestaan ’n blouwit B-tipe hoofreeksster.

Name

Die ster se Bayer-naam is "Alpha Cassiopeiae" en sy Flamsteed-naam "18 Cassiopeiae". Die naam "Schedar" kom van die Arabiese صدر şadr, "bors", wat verband hou met sy relatiewe posisie tot die hart van die mitologiese koningin Kassiopeia.

In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Schedar" vir die ster goedgekeur.

Eksterne skakels

  • Harvard Map Collection The Mercator Globes Geargiveer 17 Augustus 2012 op Wayback Machine
  • The Internet Encyclopedia of Science: Shedar (Alpha Cassiopeiae)
  • Schedar op WikiSky: DSS2, SDSS, GALEX, IRAS, Hydrogen α, X-Ray, Astrophoto, Sky Map, Artikels en foto's
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 36 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article