factograf
AF

Pous Theodorus I

Pous Theodorus I

Key facts

sterfdatum17 Mei 649
geboorteplekJerusalem
sterfplekRome
politieke amppous
All data from the card 6
Pontifikaat begin
24 November 642
Pontifikaat eindig
14 Mei 649
Voorganger
Johannes IV
Opvolger
Martinus I
Gebore
Jerusalem, Palestina
Sterf
14 Mei 649Rome, Italië

Theodorus I was die 73ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Theodorus I was van Griekse afkoms, gebore in Jerusalem. Sy pa se naam was ook Theodorus en hy was biskop van Jerusalem. Op 24 November 642 volg hy Pous Johannes IV op en regeer tot sy dood op 14 Mei 649. Hy word opgevolg deur Pous Martinus I. Die naam ‘Theodorus’ beteken 'gawe van God'.

Pontifikaat

Pous Theodorus I se pontifikaat word gekenmerk deur die voortgesette stryd teen die Monotelitisme. Die Bisantynse patriarg Pyrros I word deur hom erken omdat hy (Pyrros) ook die Monotelitisme verwerp het, maar toe Pyrros na Konstantinopel terugkeer verval hy weer in Monotelitisme en die pous verban hom en ook sy opvolger Paulus II.

Theodorus stuur biskop Stefanus van Dor na Palestina om die verskeuring van die Kerk daar te voorkom. Hy berei ook die konsilie van Laterane in 649 voor, waar Monotelitisme veroordeel sou word, maar sterf voor die begin van die konsilie.

In die pouslike biografieë word die pous geloof vir sy barmhartigheid, vrygewigheid en mildheid asook sy standvastigheid in die teologiese stryd met Konstantinopel. Die pous is in die Sint Pieterskerk begrawe.

Bibliografie

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.

Eksterne skakels

  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Johannes IVPous (Pontifex Maximus)
642 – 649Opgevolg deur
Martinus I

Read next

In 71 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article