factograf
AF

Pous Sixtus III

Pous Sixtus III

Key facts

geboortedatum390
sterfdatum19 Augustus 440
geboorteplekRome
sterfplekRome
politieke amppous
All data from the card 6
Pontifikaat begin
31 Julie 432
Pontifikaat eindig
18 Augustus 440
Voorganger
Celestinus I
Opvolger
Leo I
Gebore
Rome, Italië
Sterf
18 Augustus 440Rome, Italië

Sixtus III was die 44ste pous van die Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Sixtus III is 'n Romein van geboorte. Op 31 Julie 432 volg hy Pous Celestinus I op en regeer tot sy dood op 18 Augustus 440. Hy word opgevolg deur Pous Leo I. Die naam ‘Sixtus’ beteken ‘die sesde’ in Latyn, maar die Griekse "Ξυστος" (Xystus) beteken ‘die beskaafde‘.

Pontifikaat

Sixtus het reeds onder die bewind van pouse Zosimus, Bonifatius I en Celestinus I baie invloed gehad. Hy het met Augustinus gekorrespondeer. Hy verdedig die bestuursmag van Rome oor Illiricum teen die biskop van Thessaloniki. Op die plek van die Basilika Liberiana bou hy die Santa Maria Maggiore as herinnering van die konsilie van Efese.

Verering

Sixtus III word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 18 Augustus.

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • Ekumeniese Heiligesleksikon

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Celestinus IPous (Pontifex Maximus)
432 – 440Opgevolg deur
Leo I

Read next

In 74 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article