factograf
AF

Pous Johannes VII

Pous Johannes VII

Key facts

geboortedatum650
sterfdatum22 Oktober 707
beroepskrywer
sterfplekRome
politieke amppous
All data from the card 5
Pontifikaat begin
1 Maart 705
Pontifikaat eindig
18 Oktober 707
Voorganger
Johannes VI
Opvolger
Sisinnius
Sterf
18 Oktober 707Rome, Italië

Johannes VII was die 86ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Johannes VII is van Griekse afkoms, die seun van ene Plato en sy vrou Blatta, gebore in Rossano, Kalabrië. Op 1 Maart 705 volg hy Pous Johannes VI op en regeer tot sy dood op 18 Oktober 707. Hy word opgevolg deur Pous Sisinnius. Die naam ‘Johannes’ beteken 'God is genadig'.

Pontifikaat

Johannes VII het goeie betrekkinge met die Lombarde gehandhaaf. Hy het skynbaar ook toegegee aan die keiser Justinianus II om die besluite van die Trulliaanse konsilie van 692 goed te keur. Daar is verskeie monumente van Johannes in die kerk van Sint Maria Antiqua aan die voet van die Palatynse heuwel. Ander voorstellings was vroeër in die Sint Pieterskerk in die kapel van die Heilige Maagd wat deur hom laat bou is en kan nog gesien word in die grot onder die kerk. Hy het die klooster van Subiaco, wat deur die Lombarde in 601 vernietig is, laat herbou.

Bibliografie

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7
  • Duff, Eamon. Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press, 2001. pp 62–63. ISBN 0300091656
  • Maxwell-Stuart, P. G. Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson, 2002, p. 47. ISBN 0500017980.

Eksterne skakels

  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Johannes VIPous (Pontifex Maximus)
705 – 707Opgevolg deur
Sisinnius

Read next

In 73 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article