factograf
AF
Sign in

Pomacentridae

Pomacentridae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamPomacentridae
takson rangfamilie

Die Nooientjievisse (Pomacentridae) is 'n visfamilie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is nege-en-twintig genera met driehonderd-en-vyftig spesies wat hoort tot dié familie en vyftig van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die familie se lywe is bedek met klein skubbe en die grootte wissel van 7 – 30 cm. Die meeste van die genera verkies om in koraal- en rotsriwwe te leef. Die familie kan in drie groepe verdeel word volgens vreetgewoontes:

  • omnivore - die genera Abudefduf en Pomacentrus wat hoofsaaklik soöplankton, alge en skaaldiere vreet.
  • herbivore - die genera Plectroglyphidodon en Stegastes wat slegs sekere alge vreet.
  • planktivore - die genera Chromis en Dascyllus wat slegs soöplankton vreet.

By die familie lê die wyfie haar eiers op 'n oop rif, wat dan deur die mannetjie bevrug en opgepas word.

Baie van die visse kan oorleef in akwariums.

Genera

Die volgende genera en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Abudefduf
  • Amphiprion
  • Chromis
  • Chrysiptera
  • Dascyllus
  • Lepidozygus
  • Neopomacentrus
  • Plectroglyphidodon
  • Pomacentrus
  • Stegastes

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Read next

In 41 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article