factograf
AF
Sign in

Poesjkin

Poesjkin

Key facts

bevolking108 187
oppervlakte2 013km²
landRusland
datum van stigting of ontstaan1710
geleë in tydsoneUTC+03:00
All data from the card 10
Land
Rusland
Deelgebied
Sint Petersburg
Stigting
1710
Stadstatus
1808
• Tipe
Stad-okroeg
• Totaal
92 721
Tydsone
UTC+04:00 (MSK)
Poskode
196600
Skakelkodes
7 812
Webwerf
pushkincity.ru
Vir ’n artikel oor die digter sien Aleksander Poesjkin.

Poesjkin (Russies: Пу́шкин) is ’n dorp 26 km suid van Sint Petersburg, Rusland. Die bevolking is 92 721 (2010-sensus).

Geskiedenis

Hoofartikel: Tsarskoje Selo.

Die dorp is in die 18de eeu gestig as ’n somerwoning van die keiserlike familie met die naam Tsarskoje Selo (Tsaardorp). In 1918 het die Bolsjewiste die dorp se naam verander na Detskoje Selo (Kinderdorp) en in 1937 is dit weer hernoem na Aleksander Poesjkin met die honderdste herdenking van die digter se dood. Hy was een van die eerste studente aan die dorp se liseum.

Op 17 September 1941 het Nazi-Duitsland die dorp ingeneem en baie van die historiese geboue, monumente en kunswerke verwoes. Die Sowjetunie het die dorp op 24 Januarie 1944 bevry.

Verwysings

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Pushkin (town)

Eksterne skakels

  • Historiese feite, kaart, weer en aanwysings vanaf Sint Petersburg

Read next

In 57 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article