factograf
AF
Sign in

Spesie van Protea familie

Vleiroos

Vleiroos

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamOrothamnus zeyheri
takson rangspesie

Die Vleiroos (Orothamnus zeyheri) is 'n skaars blomdraende plant wat deel van die Proteaceae familie is en wat op 'n tyd as krities bedreig beskou was. Die spesie blom vanaf Junie tot November maar hoofsaaklik in September. Dit is 'n lang, skraal plant wat 2-4 m hoog word. Die plant is endemies aan die suidelike gedeelte van die Kogelberg en daar is ook 'n klein populasie by die Kleinrivierberge naby Hermanus.

Dit staan ook as die bergroos bekend en in Engels as die marsh rose en die mountain rose.

Hierdie spesie is die enigste in die genus, Orothamnus is dus 'n monotipiese takson.

Galery

5 images

Eksterne skakel

Read next

In 10 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article