factograf
AF
Sign in

Nu Octantis

Nu Octantis

Nu Octantis (afgekort as ν Oct) is ’n spektroskopiese dubbelster in die sterrebeeld Oktant met ’n wentelperiode van sowat 2,9 jaar. Met sy skynbare magnitude van 3,73 is dit die helderste ster in die sterrebeeld. Dit is sowat 69,1 ligjare van die Son af. Die primêre ster is ’n oranje reusester van spektraaltipe K1 III, en is dus ’n ster wat die waterstof in sy kern opgebruik en uitgesit het. Die sekondêre ster is waarskynlik ’n rooidwerg met ’n lae massa.

In 2009 is voorgestel die stelsel het ’n eksoplaneet, geskoei op versteurings in die wentelperiode. Die versteurings kan egter daaraan toegeskryf word dat die sekondêre ster self ’n dubbelster is, aangesien die vorming van ’n planeet in so ’n stelsel moeilik sal wees vanweë dinamiese versteurings.

Eksterne skakels

  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 16 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article