factograf
AF
Sign in

Nomeidae

Nomeidae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamNomeidae
takson rangfamilie

Die Vetkoppe en Bloublasievisse (Nomeidae) is 'n vis-familie van die orde Perciformes. Daar is vier genera met minstens vyf en twintig spesies in die familie. Dertien van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die lywe is lank en neig om plat te wees. Die dorsale vin is verdeel in twee en die stertvin is gevurk. Die skubbe is gemiddeld tot klein. Die familie word 15 – 100 cm groot en leef in 50 – 600 m diep water en vermy koue water.

Genus

Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Nomeus

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Read next

In 26 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article