- Hierdie bladsy bevat wigskrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien. Jy kan die regte lettertipe hier kry.
In die Sumeriese mitologie was Ninhursag (𒊩𒌆𒉺𒂅, Ninḫursag of Ninkharsag) die vrou van die god Enki en ’n moedergodin van die heilige berge. Sy is een van die sewe hoofgode van Sumer en hoofsaaklik ’n vrugbaarheidsgodin. Tempelgesange identifiseer haar as die "ware en groot dame van die hemel" (moontlik vanweë haar staanplek op die berge), en konings van Sumer is "gevoed deur Ninhursag se melk".
Sy het baie name gehad, soos Ninmah ("groot koningin"); Nintu ("dame van geboorte"); Mamma of Mami ("moeder"); Aruru, Belet-Ili (dame van die gode) ensovoorts.
Volgens legendes is haar naam van Ninmah na Ninhursag verander deur haar seun Ninurta om sy skepping van die berge te gedenk.
Verwysings
- Michael Jordan, Encyclopedia of Gods, Kyle Cathie Limited, 2002.
Eksterne skakels
- Antieke Mesopotamiese gode en godinne: Moedergodin (Ninmah, Nintud/r, Belet-ili)
- "Gateways of Babylon": Enki en Ninhursag
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia