factograf
AF

Nikephoros I Logothetes

Nikephoros I Logothetes

Key facts

geboortedatum750
sterfdatum26 Julie 811
geboorteplekPisidië
sterfplekПлиска
All data from the card 7
Bewind
802–811
Volle naam
Nikephoros I Logothetes
Dinastie
Nikephoros
Oorlede
26 Julie 811
Voorganger
Irene van Athene
Opvolger
Staurakius
Kinders
StaurakiusProkopia

Nikephoros I of Nicephorus I Logothetes (Grieks: Νικηφόρος Α΄; oorl. 26 Julie 811) was die Bisantynse keiser van 802 tot met sy dood in 811. Hy was ook bekend as Genikos ("Bringer van Oorwinning").

Hy is deur keiserin Irene as minister van finansies (logothetes tou genikou) aangestel. Hy het haar bewind in 802 omvergewerp en is op 31 Oktober as keiser aangewys. Hy het sy seun, Staurakios, in 803 as medekeiser gekroon.

Nikephoros het die ryk gereorganiseer en op die Balkan Grieke van Anatolië gevestig om die grens te versterk. Hy het baie kapitaal nodig gehad om sy militêre magte te versterk en het dus hoë belastings gehef, wat hom ongewild gemaak het.

In 811 het Nikephoros Bulgarye binnegeval en die hoofstad, Pliska, geplunder. Op hul terugtog is die Bisantynse leër egter in ’n lokval gelei en Nikephoros het gesterf.

Gesin

Nikephoros I het minstens twee kinders by ’n onbekende vrou gehad:

  • Staurakios, wat hom opgevolg het.
  • Prokopia, wat getrou het met Michael I Rangabe, keiser van 811 tot 813.

Verwysings

  • The Oxford Dictionary of Byzantium, red. Alexander Kazhdan, Oxford University Press, 1991.
  • Norwich, John J. (1991). Byzantium: The Apogee. Alfred A. Knopf, Inc. ISBN 0-394-53779-3.
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Read next

In 57 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article