factograf
AF

staat van die Verenigde State van Amerika

Nieu-Meksiko

Nieu-Meksiko

Key facts

bevolking2 117 522
oppervlakte315 194km²
is 'nDeelstate van die Verenigde State van Amerika
landVerenigde State
hoofstadSanta Fe
datum van stigting of ontstaan06 Januarie 1912
hoogte bo seevlak1 735m
hoof van plaaslike regeringMichelle Lujan Grisham
KontinentNoord-Amerika
geleë in administratiewe eenheidVerenigde State
'n Warmlugballon sweef oor die duinelandskap van die White Sands National Park
'n Warmlugballon sweef oor die duinelandskap van die White Sands National Park
Rio Grande met canyon
Rio Grande met canyon
Kranse naby Georgia O'Keeffe se Ghost Ranch skitter rooi in die sonlig
Kranse naby Georgia O'Keeffe se Ghost Ranch skitter rooi in die sonlig
Die Taos Pueblo met kleigeboue wat tussen 1000 en 1450 ontstaan het en tans naby die gelyknamige moderne nedersetting geleë is, word as die oudste deurgaans bewoonde behuisingskompleks in die Verenigde State beskou. Unesco het aan die pueblo in 1992 die…
Die Taos Pueblo met kleigeboue wat tussen 1000 en 1450 ontstaan het en tans naby die gelyknamige moderne nedersetting geleë is, word as die oudste deurgaans bewoonde behuisingskompleks in die Verenigde State beskou. Unesco het aan die pueblo in 1992 die…
4 images

Nieu-Meksiko of Nieu-Mexiko (Engels: State of New Mexico, Spaans: Nuevo Mexico) is 'n deelstaat in die suidweste van die Verenigde State van Amerika met 'n bevolking van sowat twee miljoen. Die hoofstad is Santa Fe en die grootste stad is Albuquerque.

Nieu-Mexiko is die 47ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Dit word in die noorde deur Colorado, in die ooste deur Oklahoma en Texas, in die suide deur Texas en Meksiko (state Sonora en Chihuahua) en in die weste deur Arizona begrens.

Nieu-Meksiko se bynaam is "Die Land van Betowering" (Engels: Land of Enchantment). Alhoewel die deelstaat nie amptelik tweetalig is nie en Engels die status van de facto-ampstaal het, is meer as 'n kwart van die bevolking Spaanssprekend. Sommige sprekers van Spaans is nasate van oorspronklike Spaanse setlaars uit die koloniale tydperk.

Kultuur

Kuns en vermaak

Nieu-Meksiko se geskiedenis was, net soos sy unieke kultuur en landskap, 'n inspirasie vir kunstenaars en skrywers. In September 1922 is die befaamde Engelse skrywer D.H. Lawrence saam met sy Duitse vrou Frieda deur Mabel Dodge Luhan, 'n boorling van New York, bemaarde gasvrou en beskermvrou van die kunste wat haar in Taos gevestig het, uitgenooi om 'n besoek te bring aan haar aangenome tuisdeelstaat. Alhoewel die skrywer tydens hierdie en die volgende twee besoeke net altesaam elf maande in Nieu-Meksiko deurgebring het, het die deelstaat 'n diep indruk op hom gemaak, soos hy later sou skryf:

I think New Mexico was the greatest experience I ever had from the outside world. It certainly changed me forever.

Dele van sy roman The Plumed Serpent en ander werke het tydens sy verblyf op 'n ranch noord van Taos ontstaan wat deur Mabel Dodge Luhan aan die skrywer geskenk is. Taos het tot 'n ware kunstenaarskolonie ontwikkel waar skilders soos Marsden Hartley en die meesterfotograwe Alfred Stieglitz en Ansel Adams hulle 'n tyd lank gevestig het.

Die bekendste Amerikaanse outeur, wie se werk met Nieu-Meksiko verbind word, is moontlik Willa Cather (1873−1947). In haar roman Death Comes for the Archbishop, wat in 1927 gepubliseer is, lewer sy 'n beskrywing van die lewe en werk van Rooms-Katolieke priesters uit Frankryk wat teen die middel van die 19de eeu sendingwerk in Nieu-Meksiko doen.

Tony Hillerman (1925−2008), 'n Amerikaanse skrywer van speurderromans wat op die Navajo-polisiediens in Arizona en Nieu-Meksiko fokus, het sy jeugjare in Nieu-Meksiko deurgebring. Ou Navajo-tradisies vorm die historiese en kulturele agtergrond vir sy geheimsinnige misdaadfiksie met werke soos Skinwalkers en A Thief of Time.

Die bekendste verteenwoordiger van visuele kuns, wat haar permanent op Ghost Ranch, 'n plaas in een van Nieu-Meksiko se mees dramatiese landskappe gevestig het, was Georgia O'Keeffe (1887−1986). O'Keeffe, 'n baanbreker vir moderne kuns in die Verenigde State, het bekendheid verwerf met haar abstrakte skilderye op groot formaat wat natuurlike vorme soos blomme en skedels, wolkekrabbers in New York en argitektoniese en landskapsvorme eie aan Nieu-Meksiko uitgebeeld het.

Trivia

Die eerste kernwapentoets is op 16 Julie 1945 naby Alamogordo in die deelstaat gedoen as deel van die Manhattan-projek.

Eksterne skakels

Toerisme

  • New Mexico Tourism Department
Geskiedenis

  • Historical Society of New Mexico
Nieu-Meksiko vir sterrekykers

  • New Mexico True Dark Skies Trail


Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State

Read next

In 197 languages

afአማርኛaragonésÆngliscالعربيةܐܪܡܝܐالدارجةمصرىasturianuAymar aruazərbaycancaتۆرکجهBasa BaliBoarischžemaitėškaBikol Centralбеларуская (тарашкевіца)беларускаябългарскиभोजपुरीBislamaবাংলাབོད་ཡིགবিষ্ণুপ্রিয়া মণিপুরীbrezhonegbosanskiбуряадcatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄нохчийнCebuanoᏣᎳᎩکوردیcorsuqırımtatarcačeštinaчӑвашлаCymraegdanskdagbanliDeutschZazakieʋegbeΕλληνικάemiliàn e rumagnòlEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomiføroysktfrançaisarpetanNordfriiskFryskGaeilgeGagauzGàidhliggalegoگیلکیAvañe'ẽ𐌲𐌿𐍄𐌹𐍃𐌺GaelgHausa客家語 / Hak-kâ-ngîHawaiʻiעבריתहिन्दीFiji HindihrvatskihornjoserbsceKreyòl ayisyenmagyarհայերենinterlinguaBahasa IndonesiaInterlingueIgboIñupiatunIlokanoIdoíslenskaitaliano日本語JawaქართულიTaqbaylitKabɩyɛKumoringқазақша한국어къарачай-малкъарکٲشُرkurdîkernowekкыргызчаLatinaLadinoLëtzebuergeschLingua Franca NovaLimburgsLigureLadinlombardລາວlietuviųlatviešuमैथिलीMalagasyолык марийMāoriмакедонскиമലയാളംмонголꯃꯤꯇꯩ ꯂꯣꯟमराठीкырык марыBahasa Melayuမြန်မာဘာသာمازِرونیNedersaksiesPlattdüütschनेपालीनेपाल भाषाNederlandsnorsk nynorsknorskDiné bizaadoccitanиронਪੰਜਾਬੀKapampanganPapiamentuPicardDeitschpolskiPiemontèisپنجابیپښتوportuguêsRuna Simirumantschromânăрусскийसंस्कृतम्саха тылаsardusicilianuScotsسنڌيdavvisámegiellasrpskohrvatski / српскохрватскиසිංහලSimple EnglishslovenčinaslovenščinaGagana SamoaanarâškielâSoomaaligashqipсрпски / srpskiSeeltersksvenskaKiswahiliślůnskiதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTagalogtolışitoki ponaTürkçeтатарча / tatarçachiTumbukaئۇيغۇرچە / Uyghurcheукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvènetoTiếng ViệtWest-VlamsVolapükWinaray吴语isiXhosaმარგალურიייִדישYorùbáVahcuenghZeêuws文言閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article