factograf
AF
Sign in

liggaam van relatief stil water, gelokaliseer in 'n kom

Meer

Meer
Finland, "die Land van die Duisend Mere".
Finland, "die Land van die Duisend Mere".
'n Meer in Frankryk.
'n Meer in Frankryk.
Oeschinen-meer in die Alpe.
Oeschinen-meer in die Alpe.
3 images

'n Meer is 'n groot liggaam of reservoir van water wat deur 'n landmassa omring word (groter as 'n poel). Mere is nie aan enige oseaane verbind nie, en word sodoende van seë onderskei. Sekere mere is so groot dat daar vroeër verkeerdelik na hulle as seë verwys is. Mere vloei nie soos riviere nie, maar riviere vloei algemeen in en uit mere.

Meeste mere op die aarde bevat varswater en meeste hiervan is in die Noordelike halfrond. Meer as 60% van die mere op aarde is in Kanada geleë. Finland is eweneens bekend as: Die Land van die Duisend Mere (daar is 187 888 mere in Finland, waarvan 60 000 groot is).

Sommige mere soos die Gariepdam ("Lake !Gariep") en die Cahora Bassa-dam is mensgemaak en is gebou vir die opwekking van hidroëlektrisiteit, vir ontspanning, of vir die voorsiening van water aan industrieë, plase en huise.

Mere verloor water deur riviere wat daaruit vloei, die verdamping van water of insypeling in die aardkors. As water vinnig verdamp en die omliggende grond hoë konsentrasies sout bevat, soos in droë plekke, ontstaan soutmere. Voorbeelde hiervan is die Dooie See en die Kaspiese See (hoewel die woord "see" in die name voorkom, is hierdie mere en nie seë nie).

Bibliografie

  • Hely-Hutchinson, John: Our astonishing lakes. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. Februarie 1988, deel 3, nr. 1. ISSN 0258-3313

Eksterne skakels

Read next

In 200 languages

afAcèhAlemannischአማርኛPangcaharagonésالعربيةܐܪܡܝܐمصرىasturianuAtikamekwаварKotavaअवधीAymar aruazərbaycancaتۆرکجهбашҡортсаBasa BaližemaitėškaBikol Centralбеларуская (тарашкевіца)беларускаяBetawiбългарскиभोजपुरीBanjarပအိုဝ်ႏဘာႏသာႏবাংলাbrezhonegbosanskiбуряадcatalà閩東語 / Mìng-dĕ̤ng-ngṳ̄нохчийнCebuanoکوردیqırımtatarcačeštinaчӑвашлаCymraegdanskDeutschZazakidolnoserbskiΕλληνικάemiliàn e rumagnòlEnglishEsperantoespañoleestieuskaraفارسیsuomivõroNa Vosa VakavitifrançaisarpetanNordfriiskfurlanFryskGaeilge贛語kriyòl gwiyannenGàidhliggalegoAvañe'ẽBahasa HulontaloગુજરાતીGaelgHausa客家語 / Hak-kâ-ngîעבריתहिन्दीhrvatskihornjoserbsceKreyòl ayisyenmagyarհայերենԱրեւմտահայերէնinterlinguaBahasa IndonesiaInterlingueIlokanoгӀалгӀайIdoíslenskamedžuslovjanskyitaliano日本語la .lojban.JawaქართულიQaraqalpaqshaTaqbaylitKumoringқазақшаភាសាខ្មែរಕನ್ನಡ한국어کٲشُرkurdîкомикыргызчаLatinaLëtzebuergeschLingua Franca NovaLadinlombardlingálalietuviųlatviešuमगहीмокшеньMalagasyолык марийMāoriMinangkabauмакедонскиമലയാളംмонголमराठीкырык марыBahasa MelayuMirandésမြန်မာဘာသာэрзяньمازِرونیNapulitanoNedersaksiesPlattdüütschनेपालीनेपाल भाषाNederlandsnorsk nynorsknorskNouormandoccitanlivvinkarjalaOromooиронਪੰਜਾਬੀPapiamentupolskiPiemontèisپنجابیپښتوportuguêsRuna SimirumantschromânăрускирусскийрусиньскыйIkinyarwandaсаха тылаsicilianuScotsسنڌيsrpskohrvatski / српскохрватскиTaclḥitසිංහලSimple EnglishslovenčinaسرائیکیslovenščinaanarâškielâchiShonashqipсрпски / srpskiSundasvenskaKiswahiliதமிழ்తెలుగుтоҷикӣไทยTürkmençeTagalogtoki ponaTürkçeтатарча / tatarçaудмуртукраїнськаاردوoʻzbekcha / ўзбекчаvènetoTiếng ViệtWest-VlamsWinarayWolof吴语მარგალურიייִדישYorùbáVahcuengh閩南語 / Bân-lâm-gí粵語中文isiZulu

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article