factograf
AF

Marathi's

Marathi's

Key facts

bevolking80 000 000
is 'netniese groep
landIndië
All data from the card 5
Totale bevolking:
ca. 80–90 miljoen
Belangrike bevolkings in:
Indië 83 026 680 Israel 60 000
Taal:
Marathi
Geloofsoortuiging:
Meerderheid: HindoeïsmeMinderhede: Boeddhisme • Islam • Christendom
Verwante etniese groepe:
Ander Indo-Ariërs soos Bengale, Gujarati's, Punjabi's, Rohingia, Sindhi's en Singalese • Bene Israel
Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Marathi.

Die Marathi's (Marathi: मराठी लोक) is 'n Indo-Ariese etniese groep wat Marathi as moedertaal praat en inheems is aan die Indiese deelstaat Maharashtra. Daarbenewens woon hulle in naburige streke soos Belgaum en Karwar van Karnataka en die deelstaat Goa in westelike Indië. Die term "Maratha" word soms deur historici gebruik om na al die Marathisprekendes te verwys, onafhanklik van die kaste of die eertydse Marathakaste. Die Marathigemeenskap het in die 17de eeu die politieke veld betree, toe Marathakrygers onder Chhatrapati Shivaji Maharaj die Maratharyk gestig en die heerskap van die Mogolryk beëindig het.

Wêreldwyd woon tussen 80 en 90 miljoen Marathi's, waarvan sowat 83 miljoen in Indië (6,86% van die bevolking). Hul tuiste, Maharashtra, is in die sentraalwestelike Indië langs die kus van die Arabiese See, 'n see van die Indiese Oseaan, geleë. Mumbai, Nagpur, Pune, Nashik, Aurangabad en Solapur is die belangrikste metropolitaanse gebiede in Maharashtra.

Die klein gemeenskap Marathi-Jode (Bene Israel – "Seuns van Israel") het hulle ná die stigting van Israel in die laat 1940's en vroeë 1950's daar gevestig. Die aantal Bene Israel wat in Indië bly is in 1988 op sowat 4 000 tot 5 000 geskat.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read next

In 49 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article