factograf
AF
Sign in

Malacanthidae

Malacanthidae

Key facts

is 'ntakson
wetenskaplike naamMalacanthidae
takson rangfamilie
Malacanthus brevirostris
Malacanthus brevirostris

Die Teëlvisse (Malacanthidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Perciformes. Daar is twee sub-families in die familie en beide kom in Suider-Afrikaanse water voor: Latilinae en Malacanthinae.

Familie kenmerke

Die familie se lywe is lank en ietwat plat en bedek met klein skubbe. Daar is 'n stekel aan die bokant van die kieudeksel.

Subfamilie: Latilinae

Daar is drie genera met agt en twintig spesies wat hoort tot dié sub-familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke

Die lyf is reghoekig en ietwat plat en die sub-familie word tussen 35 – 100 cm groot. Sommige spesies is waardevol as voedsel in part areas. Die sub-familie word gevind op die boonste gedeelte van die kontinentale bank in water wat 50 – 612 m diep is.

Genus

Die volgende genus en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Branchiostegus

Subfamilie: Malacanthinae

Kenmerke

Die sub-familie se lyf is lank en silindries en ietwat plat by die stert en die grootte wissel van 30 – 45 cm. Hulle leef in vlakker water in sand of rots area naby riwwe.

Genera

Daar is slegs twee genera met twaalf spesies wat hoort tot dié sub-familie en twee van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

  • Malacanthus
  • Hoplolatilus

Sien ook

Bron

  • Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Read next

In 32 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article