factograf
AF

Madeiraeilande

Madeiraeilande

Key facts

bevolking250 769
oppervlakte801km²
landPortugal
hoofstadFunchal
datum van stigting of ontstaan1976
hoof van plaaslike regeringMiguel Albuquerque
Nasa-satellietbeeld van die Madeiraeilande
Nasa-satellietbeeld van die Madeiraeilande
Kaart van die Madeiraeilande. Ilhas Selvagens, wat verder suid lê word nie vertoon nie.
Kaart van die Madeiraeilande. Ilhas Selvagens, wat verder suid lê word nie vertoon nie.
Câmara de Lobos aan die suidkus van Madeira.
Câmara de Lobos aan die suidkus van Madeira.
3 images
Vlag Wapen

Hoofstad Funchal Oppervlak
 – Totaal
 – % van Portugal Gelys 11de
 794 vk km
 1,5% Bevolking
 – Totaal (2016-skatting)
 – % van Portugal
 – Bevolkingsdigtheid Gelys 8ste
 289 000
 2,5%
 334/vk km Statuut van Selfregering 1976 ISO 3166-2 PRT President Alberto João Jardim Governo Regional da Madeira

Die Madeiraeilande (Portugees: Arquipélago da Madeira) is 'n eilandgroep geleë in die Noord-Atlantiese Oseaan tussen 32°22.3′N 16°16.5′W / 32.3717°N 16.2750°W en 33°7.8′N 17°16.65′W / 33.1300°N 17.27750°W omtrent 580 km reg wes van Marokko op die kus van Afrika, en 870 km suidwes van Lissabon, Portugal.

Die Madeiraeilande, wat oorspronklik aan die Romeine bekend was as die Pers Eilande, is (per ongeluk) in 1418 deur Portugese seevaarders herontdek waarna Portugese setlaars hulle daar vestig. Dit is tans 'n outonome gebied van Portugal. Madeira en Porto Santo is die enigste bewoonde eilande.

Die eilande is 'n gewilde vakansieoord, wêreldwyd bekend vir madeirawyn, borduurkunstenaars, oujaarsaandfeesvieringe met indrukwekkende vuurwerkvertoning, 'n aangename klimaat, mooi landskap en pragtige blomme. Saam met die Asore, Kaap Verde en die Kanariese Eilande vorm die Madeiraeilande 'n eie biogeografiese streek, Makaronesië, wat – ten spyte van die lang afstande – ooreenkomste tussen die eilande se fauna en flora toon.

Eilande en eilandjies

Die belangrikste eilande in die outonome gebied van Madeira is:

  • Madeiraeiland
  • Porto Santo Eiland
  • Deserta Grande Eiland
  • Selvagem Grande Eiland (Ilhas Selvagens)
  • Bugio Eiland
  • Selvagem Pequena Eiland (Ilhas Selvagens)
  • Selvagens' Foraeilandjie
  • Desertas' Chão-eilandjie

Bronnelys

  • (en) Green, Lawrence G.: South African beachcomber. Memories of the people of the shore and the stories they told; sand and dunes and treasure, seabirds and creatures of the sea; and personal impressions of certain islands in African waters. Kaapstad: Howard B. Timmins, 1958.

Eksterne skakels

Read next

In 134 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article