factograf
AF

Lotarius I

Lotarius I

Key facts

geboortedatum795
sterfdatum29 September 855
beroepmonarg, skrywer
geboorteplekAltdorf
sterfplekPrüm
beskryf deur bronAllgemeine Deutsche Biographie
All data from the card 11
Dinastie
Karolingiese dinastie
Bewind
As keiser: 817–855;As koning van Italië: 822–855As koning van Middel-Francia: 843–855
Kroning
Deur sy vader: 817, Aken;Deur Pous Paschalis I: 5 April 823, Rome
Gebore
795
Gesterf
29 September 855 (op 59–60)
Voorganger
Lodewyk die Vrome
Opvolger
Lotarius II
Gade
Ermengarde van Tours
Nakomelinge
Lodewyk IILotarius IIKarel van ProvenceKarelmanHiltrudeBertaGiselaRotrude
Vader
Lodewyk die Vrome
Moeder
Ermengarde van Hesbaye

Lotarius I (795 – 29 September 855) was 'n Karolingiese keiser wat oor die Midderyk geheers het. Hy was Lodewyk die Vrome se oudste seun en Karel die Grote se kleinseun.

Politiek

Die verdeling van Verdun
Die verdeling van Verdun

Sy pa Lodewyk was 'n swak heerser. Hy het Lotarius in 817 tot medekeiser gemaak en sy jonger broers Pepyn en Lodewyk tot konings van Akwitanië en wat nou Duitsland is. In 819 hertrou Lodwyk met Judith uit die Welfe-familie en in 823 word 'n halfbroertjie gebore, Karel, wat later die naam Karel die Kale sal kry. Die verdeling van die erfenis moet nou verander word en in 830 lei dit tot 'n burgeroorlog wat tien jaar duur en die Wikings die kans gee om die keiserlike gesag verder te ondergraaf. In 833 neem Lotarius sy pa gevange en verneder hom vier maande lank. In 838 sterf Pepyn van Akwitanië en kry Karel hierdie gebied, hoewel Pepyn 'n seun het (Pepyn II) wat ook sy deel opeis. Ná Lodewyk se dood op 20 Junie 840 breek oor die erfenis opnuut 'n oorlog tussen die broers uit.

In 841 beveg Lodewyk die Vrome se seuns mekaar in die slag van Fontenoy. Die slag is onbeslis, maar Lotarius se poging om sy broers te onderwerp faal. Op 14 Februarie 842 sweer sy twee broers naby Straatsburg 'n eed om mekaar te help en Lotharius moet met die Verdrag van Verdun in Augustus toestaan dat die ryk in drie dele verdeel word.

Karel die Kaalkop kry die westelike deel, Lodewyk die Duitser die oostelike. Lotarius se deel bestaan uit die huidige Nederland, België, die Ryn se linkeroewer in Duitsland, die ooste van Frankryk (Elsas, Lotaringe), die weste van Switserland en die noorde en midde van Italië tot aan die grens met die vorstedom Benevento. Hierdie ryk het net vyftien jaar bestaan omdat dit onder Lotarius se seuns opnuut in drie dele verdeel is. Lotarius I het nooit die suidelike deel van sy ryk aan die suidkant van die Alpe besoek nie. Hy het reeds in 844 sy oudste seun Lodewyk as onderkoning Italië toe gestuur en in April 850 het hy vir hom medekeiser gemaak.

Familie

Sy vrou was Irmingard, die dogter van Hugo van Tours (uit die Etichoniede-huis) Hy het drie seuns: Lodewyk II, wat Italië en die keisertitel erf, Lotarius II wat die gebied van Friesland to die Alpe erf en Karel van Provence. Hy het ook 'n dogter Rotrud.

Wetgewing

In Lotarius se tyd begin mense opnuut om woude te kap en in landbougrond om te sit. Aanvanklik word vuur gebruik, omdat dit vinnig werk, maar dit is ook gevaarlik en verkwistend. In 840 verbied Lotarius dit en dreig om oortreders met loesing of die skeer van hul kop te straf. Hulle moet die byl gebruik.

Religie

In sy laaste jare keer Lotarius hom na sy geloof. In 852 skenk hy pragtig versierde relikwieëkassies en relikwieë aan die klooster van Prüm. In 855 abdikeer hy en tree toe tot hierdie klooster. Hy skryf ook aan Hrabanus Maurus, die aartsbiskop van Mainz en 'n beroemde teoloog, om vir hom 'n kompendium te skryf met homilieë -kort preke- vir elke dag van die jaar, wat hy kan saamneem op reis en wat daagliks tydens die maaltyd voorgelees kan word.

Verwysings

Read next

In 65 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article