Kubuntu is 'n amptelike derivaat van die Ubuntu-bedryfstelsel wat die KDE grafiese omgewing in plaas van GNOME gebruik. Dit is deel van die Ubuntu-projek en gebruik dieselfde onderliggende stelsel. Dit is moontlik om beide die KDE-desktop (kubuntu-desktop) en die GNOME-desktop (ubuntu-desktop) in afwisseling op dieselfde masjien te laat loop. Elke pakket op Kubuntu deel dieselfde bergplek as Ubuntu. Kubuntu is gratis aflaaibaar dwarsoor die wêreld en kan ook vanaf verskeie Suid-Afrikaanse bedieners op plaaslike bandwydte afgelaai word. Die Kubuntu-installerings-CD's kan ook deur die Shipit-diens Geargiveer 26 September 2007 op Wayback Machine vir aflewering bestel word. Kubuntu-weergawes word gereeld en voorafbepaald vrygestel op dieselfde skedule as Ubuntu.
Galery












