factograf
AF

Krasnojarsk

Krasnojarsk

Key facts

bevolking1 092 851
oppervlakte348km²
is 'ngroot stad
landRusland
datum van stigting of ontstaan19 Augustus 1628
hoogte bo seevlak162m
Moderne woonstelgeboue kontrasteer met historiese boukuns
Moderne woonstelgeboue kontrasteer met historiese boukuns
4 images
Vir ’n artikel oor die krai met dieselfde naam, sien Krasnojarsk-krai.

Krasnojarsk
Красноярск

Kaart Wapen
Vlag
 Land  Rusland
 Federale distrik Siberiese Federale Distrik
 Federale subjek Krasnojarsk-krai
 Koördinate 56°0′N 92°56′O / 56.000°N 92.933°O
 Stigting 1628
 Stadstatus 1628
 Oppervlakte:  
 - Totaal 348 vk km
 Hoogte bo seevlak 259 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2014) 1 035 528
 - Bevolkingsdigtheid 2 765/km2
 Tydsone UTC +7
 - Somertyd UTC +8
 Burgemeester Edcham Akboelatof
 Amptelike Webwerf www.admkrsk.ru

Krasnojarsk (Russies: Красноя́рск) is ’n stad aan die Jenisei-rivier in Sentraal-Rusland. Dit is die administratiewe hoofstad van Krasnojarsk-krai en die derde grootste stad in Siberië met ’n inwonertal van 1 035 528 (2014). Die stad is ’n belangrike aansluitingspunt aan die Transsiberiese Spoorlyn en een van Rusland se grootste vervaardigers van aluminium.

Krasnojarsk is geografies die mees sentraal geleë van alle Russiese metropole. In die Sowjet-tydperk was die vestiging van strategies belangrike aanlegte van die kern-, wapen- en hoëtegnologiebedrywe aan hierdie stategiese ligging te danke. Krasnojarsk was ook die Sowjet-Russiese sentrum van goudstaaf-vervaardiging. Die plaaslike aanleg van Rusal, die tweede grootste aluminiumvervaardiger ter wêreld, trek voordeel uit die lae kragtariewe in die streek - een van die grootste waterkragsentrales op aarde voorsien in sy elektrisiteitsbehoeftes.

Ondanks sy sterk industriële karakter word die stad as een van die mooiste in Siberië beskryf. Dit is nie net sy kulturele besienswaardighede wat van Krasnojarsk 'n gewilde toeristebestemming maak nie. In teenstelling met ander Siberiese stede is daar unieke landskapsvorme in die onmiddellike omgewing van die stadsgebied, waaronder berglandskappe, magtige uitgestrekte Siberiese bosse en die Nasionale Stolbi-natuurreservaat met 'n oppervlakte van 470 vierkante kilometer en eksotiese rotsformasies en kranse in die uitlopers van die Oostelike Sajan-bergreeks.

Geskiedenis

Strelka-stadsdistrik met Winogradofski-brug oor die Jenisei-rivier
Strelka-stadsdistrik met Winogradofski-brug oor die Jenisei-rivier
Sonop in Krasnojarsk in Januarie
Sonop in Krasnojarsk in Januarie
Winter in die Nasionale Stolbi-natuurreservaat
Winter in die Nasionale Stolbi-natuurreservaat
3 images

Die stad is in Julie 1628 gestig as ’n Russiese grensfort met die naam Krasni Jar (Кра́сный Яр). Dit is later herdoop toe dit stadstatus gekry het. Die stad het vinnig begin groei ná die bou van ’n pad van 1735 tot 1741 wat dit met nabygeleë dorpe en die res van Rusland verbind het. Dit het verder gegroei ná die ontdekking van goud en die bou van ’n spoorlyn in 1895.

In die 19de eeu was Krasnojarsk die middelpunt van die Kosak-beweging. In 1822 het dit stadstatus gekry en die hoofstad van die Jenisei-goebernija geword. In 1934, met die totstandkoming van die Krasnojarsk-krai, het dit die hoofstad daarvan geword.

In die Russiese Ryk was Krasnojarsk een van die plekke waarheen politieke bannelinge gestuur is. Dit was tydens Josef Stalin se bewind weer een van die groot sentrums van die Goelag, met Kraslag die grootste kamp. In die Sowjet-tyd is groot fabrieke ook in die stad opgerig, onder andere ’n papierfabriek, hidro-elektriese kragstasie en ’n rivierhawe.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is talle fabrieke van die Oekraïne en Wes-Rusland na Krasnojarsk geskuif en dit het bygedra tot verdere groei.

Read next

In 109 languages

Text from Wikipedia, CC BY-SA 4.0 · Source article