
Die Korea-oorlog (Suid-Koreaanse hangoel: 한국전쟁; hanja: 韓國戰爭; Hanguk Jeonjaeng, letterlik: "Koreaanse oorlog"; Noord-Koreaanse Chosŏn'gŭl: 조국해방전쟁; hancha: 祖國解放戰爭; Choguk haebang chǒnjaeng, letterlik: "Vaderlandse bevrydingsoorlog"; 25 Junie 1950 – 27 Julie 1953) was 'n oorlog in Korea tussen Noord-Korea en Suid-Korea, wat op 25 Junie 1950 begin en op 27 Julie 1953 met 'n skietstilstand geëindig het. Die oorlog duur amptelik voort tot vandag toe.
Agtergrond
Korea was sedert 1910 'n Japannese kolonie en is met die oorgawe van Japan ná die Tweede Wêreldoorlog in twee onafhanklike lande verdeel. Noord-Korea was deur die Sowjetunie ondersteun en Suid-Korea deur die Verenigde State van Amerika.
Die oorlog
'n Oorlog begin met die aanval van Noord-Koreaanse troepe op Suid-Koreaanse grondgebied op 25 Junie 1950. Noord-Korea beset byna die hele grondgebied van Suid-Korea behalwe Busan. Die Verenigde Nasies neem 'n resolusie aan wat westerse magte magtiging gee om betrokke te raak. As gevolg hiervan word die Noord-Koreaanse troepe teruggedryf tot teen die grens van die Volksrepubliek China. China tree tot die oorlog toe en help om die Westerse magte terug te dryf na die Deling-grens. Op 27 Julie 1953 word 'n skietstilstand tussen Noord-Korea en Suid-Korea gesluit en sedertdien is Korea verdeel in Noord- en Suid-Korea.
Bronne
- (de) Bruce E. Bechtol: Paradigmenwandel des Kalten Krieges: Der Koreakrieg 1950-1953. In: Bernd Greiner, Christian Th. Müller, Dierk Walter (Hrsg.): Heiße Kriege im Kalten Krieg. Hamburg 2006, ISBN 3-936096-61-9, S. 141–166. (Rezension von H. Hoff, Rezension von I. Küpeli Geargiveer 26 April 2013 op Wayback Machine)
- (en) Clay Blair: The Forgotten War: America in Korea, 1950-1953. Times Books, 1987.
- (en) Fehrenbach, T.R.: This kind of war. A study in unpreparedness. Macmillan Company, New York 1963.
- (de) Michael Bothe: Streitkräfte internationaler Organisationen, Zugleich ein Beitrag zu völkerrechtlichen Grundfragen der Anwesenheit fremder Truppen. Heymanns, Köln 1968, S. 61–69 (Die Korea-Aktion).
- (en) Bruce Cumings: The Origins of the Korean War – Bd. 1: Liberation and the Emergence of Separate Regimes, 1945-1947, Yuksabipyungsa 2004, ISBN 89-7696-612-0; Bd. 2: The Roaring of the Cataract, 1947-1950. Princeton University Press, 1992, ISBN 0-691-02538-X.
- (en) Allan R. Millett: Korean War: The Essential Bibliography (Essential Bibliographies). Potomac Books, 2007, ISBN 1-57488-976-1.
- (de) Rolf Steininger: Der vergessene Krieg. Olzog, München 2006, ISBN 3-7892-8175-1.
- (de) Jörg Friedrich: Yalu. An den Ufern des Dritten Weltkrieges. Propyläen, München 2007, ISBN 978-3-549-07338-4.
